Saturday, August 7

Ons basis dorpie

Ons plekkie in Provence wat as ons basis gebruik is, is in die Luberon streek in ‘n village met die naam van Menerbes

. DSC_0020

Die plaas het twee huise wat hulle uitverhuur en beslis die moeite werd sou julle ooit tyd daar wil spandeer. Van die bo-punt van die village geneem sien julle ons plasie. ‘n Lekker groot toegeruste huis waar ons langer sou kon bly.

P1120060

Hierdie foto is vanuit die sitkamer geneem. Die eienaars met hulle kinders en kleinkinders boer hier saam. Hulle het ook ‘n klein familie restaurant wat twee keer ‘n week oop is.

Page1

So lyk die village as mens deur die straatjies stap. En al lyk dit baie oud, bly daar mense in elke huisie.

Page2

Die uitsig van die village na onder. Kyk net die sneeu op die berge.

Page3

Die meisies in Menerbes.

DSC_0040

Die foto is vanaf die kerk geneem wat nog gebruik word vir kerk en musiekuitvoerings. Ek kan nie daai ou motor se maak onthou nie, maar hy het ‘n klip onder die wiel om te keer dat hy by die straat afry.

Page5

Nog van die pragtige huise en strate waar daar nou ook bekende skilders en skrywers bly. Dis nogal ‘n dorpie waar ek sal kan bly verseker. Ons het lekker hier gekuier en neem hartseer afskeid. Die laaste aand is ons genooi om by die familie restaurant te eet saam met die mense in die ander gastehuis en is met tradisionele franse kos vanaf die plaas bederf met die nodige wyne natuurlik.


11 comments:

Sonja said...

O! Dit is pragtig! Ek kan net dink hoe baie inspirasie n skilder het as hy daar bly!

nikita said...

Heerlik! was die besoekie hier - om saam met jou te reis. Dis lekker om te sien hoe ander plekkies daarna uitsien. Ek glo julle het dit terdee geniet.

Thea said...

O, maar dit is só mooi!! Sandra, nou meer as ooit weet ek, dat ek Provence eendag moét besoek! As julle terug is, sal ek graag die besonderhede vir die gastehuis by jou wil kry.

Ronelle said...

Sandra, het jy nognie ons franse familie opgespoor.. ek dink beslis daardie plasie op Menerbes behoort aan hulle!!!
Dit voel of ek daar hoort as ek so na die foto's kyk.. ONGELOOFLIK MOOI!!!

retha said...

n Baie mooi omgewing. Ek verwonder my aan die -vir my- ou plekke waar mense steeds bly. Weet dit kan heeltemal anders lyk van binne as van buite.
Baie mooi kruis.

Sandra said...

Sonja ek het ook nogal so gedink en daar is 'n paar kunstenaars wat hulle werk in die dorp verkoop - jy sal die plekkie geniet.

Nikite die deel van Frankryk was 'n groot bederf gewees.

Thea ons het heelwat aan jou gedink - jy het eintlik die deel van die land aan my "bekendgestel". Jy sal beslis die dorpie en omliggende plekke geniet.

Sandra said...

Ek het hulle nie gekry nie Ronelle ek dink dis meer aan die bokant, maar ek stem, dis 'n dorpie waar ek nogal gemaklik in gevoel het.

Retha dit was so deur die hele Provence deel van Frankryk dat die mense nog so in die mooi ou kliphuise bly.

William said...

Wow, if that place could talk I wonder what stories it would tell! Its all so old. Looks wonderful!

Jan and Miekie said...

Ai daar is darem maar net "iets" aan Provence! Ons het getoer in Languedoc Roussillon - ook in die suide van Frankryk, maar verder wes. Die ou klip huise is darem pragtig. Maar die dorpie waar julle was, is darem regtig besonders! Wens ons was eerder daar as in Avignon! Dankie vir jou mooi fotos - baie besonders!

Desia said...

Ek is nou te jaloers om kommentaar te lewer!

Sandra said...

Baie seun!

Miekie ons het Avignon ook geniet maar dit was 'n anders as Menerebes. Dis nogal 'n dorpie waar ek sal kan bly.

Bly jy het kom inloer Desia :-)