Friday, August 13

Legkaart prentjies

Die van julle wat dalkies ywerige legkaartbouers soos ek is, sal weet dat die prentjies van party legkaarte net altyd prentjies bly ... maar dit het ook nou verander.


Na 'n heerlike kuiertjie in Parys en die provinsie van Provence word die pad na Duitsland via Italie gevat. Die motor wat ons oorspronklik gehuur het, daag die middag voor die vertrek op en ons is dankbaar vir die ruimte - veral vir die tasse en pakkies. Ek het voorafuitgewerkte roetes vanaf die internet gekry en dit vat ons om 'n heerlike pad al langs die Franse Riveira af.

Page1

Verby plekke wat ek nog net van gehoor en gelees het. Nice was die eerste stopplek en my indrukke ... besig, besig, besig!!! Toe maar deurry tot in Cannes en daar kon ons darem 'n tydjie langs die see sit.

Page2

Die rusplek in Monaco het ons die mooiste uitsig oor die see en paleis gegee terwyl ons broodjies eet.

Page3

Die Italiaanse platteland waardeur ons gery het was so anders as Frankryk en net so mooi. See, berge, kastele en mooi kerkgeboue. En natuurlik die een tonnel op die ander. In Genova besef ons sommer dat ons blyplek nie maklik gekry gaan word nie .... selfs met ons aanwysings en daar ontdek ons "ou grote" (dis die motor) het ook 'n vrou (die GPS) wat ons tot op die regte plek neem sonder probleme. Wat sou ons sonder haar gedoen het!

Page4

Ons spandeer wel die nag in Italie, maar loop nie juis rond nie en die volgende oggend is ons vroeg weer oppad. Mens sien die veranderings van die lande duidelik in die ry. Die kastele en berge word meer en ook die grasheuwels.

Page5

En dan word die Alpe met die sneeu op gesien en dis soos om die see te sien :-). Die "plaashuise" begin nou ook drasties anders lyk toe ons deur Oostenryk gaan.

DSC_0097

Uiteindelik ons bestemming Garmisch-Partenkirten. Hierdie dorpie was reeds twee keer die gashere van die winterspele en ski kampioenskappe en mens kan sommer sien en voel hoekom. Hierdie foto van ons blyplek se stoepie af.

Page1

Die dorp self lyk soos legkaartbokse met al die pragtige huise, blomme en geverfde prentjies orals.

Page4

Ons is sommer opgewonde om alles hier aan die onderkant van Duitsland te gaan besoek en te sien. Die "koeler somer" en reen is 'n bonus en ons plekkie is heerlik en ruim. Dis beslis die regte tyd vir pannekoek al dink die dorpenaars dit is warm en somer.

Liefde

14 comments:

Katte-kosgee-huisman-in-Abu-Dhabi said...

Hande op, wie dink nog die blog eienaar het 'n goeie man wat haar en die dogter so van die huis af wegstuur om te loop rondloop, wyl hy tuisbly om die ou diertjies te voer?

Ja my vrou, ek weet, ek soek net simpatie!

retha said...

Pragtig! Hoe proe daai pannekoek toe?

Heleen said...

Hallo julle !!!!
Bly om te sien julle geniet nog die vakansie en die fotos is pragtig. Natuurlik kan n foto nie als vertel en so sal ek maar wag om al die stories te hoor :-)
Geniet die res van julle vakansie! Onthou vandag se actions is more se memories!!
Tonne lovies vir almal daar
Heleen :-)

Sonja said...

n Vriendin van my se pa was ambassadeur oorsee jare terug en hy het daar erens met hulle vakansie gehou elke jaar. Die foto's laat my vreeslik terugdink aan hulle vakansie foto's!Dit is van die mooiste plekkies wat ek nog gesien het,dit moet seker fantasties wees om daar te wees!

Sandra said...

Dis soos jy daar se Eddie.

Retha die gevulde pannekoek vir ete en die kaneelsuiker pannekoek vir nagereg was baie lekker!

Sandra said...

Jy's so reg Heleen, daar is altyd die storie agter die storie :-) en daar is beslis baie memories gemaak. Ek dink dele van Europa sal ons vier nie sommer vergeet nie :-).

Ons is baie geseend om die plekke te kan sien Sonja en dit is pragtig. Ek dink nie die foto's kan regtig wys hoe mooi dit rerig is nie.

Sandmensie said...

Julle DIT is nou AWESOME!!!Wow Wow Wow is al wat ek kan sĂȘ!

Eddie lyk nie of die mammarazi enige simpatie het nie...

Nee julle regtig julle vakansie raak nou laaank, wanneer kom julle bietjie terug warmplek toe? Hier waar dit rerig somer is!

Enjoy Enjoy Enjoy!!!!

Sandra said...

Jy moet maar kom lees wat het alles in Duitsland gebeur Vicky :-)

Ronelle said...

Ek het my 2 meisiekinders grootgemaak met legkaarte - Monique sal wat wil gee om daardie legkaart te bou!!

Sjoe Sandra, jy bederf ons met al die mooi foto's en stories .. voel of ons saam met julle op toer was!!

Dankie nig!!

Sandra said...

Dis 'n lekker legkaart om te bou RonelLe :-).

Bly julle geniet die toer saam met ons, dis sommer my foto-dagboek vir wanneer ek eendag oud is :-)

Charmaine said...

Maat ek is ook dankbaar vir die mooi fotos en opsommings want ek is 100 km agter met my neerskryf van al die herineringe. Sal nog....

Sandra said...

Net 100 km maat? :-) Sien uit na jou opsommings. Wie gaan die "stories" agter die stories vertel :-)

Thea said...

Dankie vir al die pragtige foto's wat jy deel Sandra! Dit was heerlik om te kyk en te lees en selfs hier en daar van die plekke te sien waar ons ook was. Enige planne om Toskane dalk in die toekoms te besoek??

Sandra said...

Nie daaraan gedink nie Thea, maar sal jou blog dophou :-). Volgende trip sal wees om iewers 'n diens te gaan lewer dink ek