Sunday, August 22

Hier ry mens nie verby nie

En hoe het ons nie hierdie dorpie geniet nie. So ‘n paar km van waar ons bly besluit ons om in die reen net vinnig ‘n draaitjie te gaan maak en die dorpie Mittenwald te besoek, aangesien ons kuiertjie in Garmisch-Partenkirchen klaarmaak. Die besoek duur baie langer as wat beplan is.

Page1

Mittenwald se wereldwye reputasie is eintlik as dorp waar viole en ander musiekinstrumente gemaak word en dit le so in die middel tussen Oostenryk en waar ons basis was. Die dorpie is gelee in die Bavaria Alpe en ‘n uitstekende plek om te besoek vir toeriste. Orals waar ons sover in Europa was, is daar een ding wat uitstaan en dit is dat die klein dorpies eenvoudig toemaak vir ‘n lang tyd tydens middagete en dan kan mens maar vergeefs soek vir ‘n oop winkel en/of restaurant. Mittenwald was die uitsondering.

P1120344

Die bekende vioolmaker Matthias Klotz het sy viole in hierdie dorpie begin maak en vandag nog is die viole van Mittenwald orals gesog. Daar is dan ook ‘n monument buite die kerkie van hom en soos op die vorige foto gesien kan word, ‘n groot viool uit hout gekerf.

Page2

Die kerkie lyk van buite lyk “gewoon” moet ‘n paar beelde op die gebou geverf, maar as mens binne stap is dit heeltemal iets anders.

Page3

Amper elke huis en winkelgebou is geverf met prente, meestal christelike tonele en mens weet nie wat om af te neem en wat nie.

Page4

In die somermaande is hierdie dorpie gewild vir al sy wonderlike staproetes tussen die berge en in die winter vir die sneeu. Daar is dan ook op twee plekke kabelkarretjies wat mens na die bergspitse toe neem. Op ons somersdag in die dorp, was staproetes bietjie uit maar winkelroetes in. En dis ook hier waar ons van die lekkerste warm sjokolade ooit gedrink het.

Page5

Laaste aand in ons dorpie eet ons by die Fraundorfer Gasthof tradisionele kos en Nelmari kan haar Cordon Bleu maar net aankyk, dis iets ysliks. Nou le die Passiespele voor en ons is baie opgewonde!!!!!!






Die kinders het hulleself ook besig gehou om die "vloere skoon te maak" voordat ons sou vertrek. Wie nou vir wie die voorbeeld stel weet ek nie, julle moet maar raai, maar dit gee ook darem 'n prentjie van ons blyplek se kombuis en sitkamer. Net jammer julle kan nie die mooi groen en berge buite die venster sien nie.

Geniet die laaste bietjie van julle naweek, ons week begin.

7 comments:

retha said...

Wat n enorme stuk vleis!

Dit was om te sien watse kleure gebruik word in M&M's. Chromatography het ons daarmee gehelp.

Sandra said...

Sy het die volgende dag nog met ons almal gedeel Retha, dit was regtig 'n groot stuk

Miekie said...

Ek het nou eers 'n hele paar "posts" moes inhaal! Lyk asof julle 'n amazing toer het. So jaloers - veral oor Salzburg - ek droom al lank daaroor om soontoe te gaan.

Sandra said...

Saltzburg was 'n wonderlike ervaring Miekie ons het dit baie geniet!

DJ said...

Wiiiiiiiiii yes thats the way little one :-). Love seeing you having fun!

Thea said...

Dis só pragtig daar! Julle gaan seker nog vir baie lank terugdink, praat en na foto's kyk van julle wonderlike vakansie in Europa!!

Was die woestyn nie vir julle verskriklik vaal toe julle weer by die huis gekom het nie? ;-)

Sandra said...

DJ i loved seeing them like that too. There's photo's i can't post on the blog maybe i must send it to you :-)

Ons is nog ernstig nie uitgepraat aan die trip nie Thea. Veral na ons "bonus" week se groen is die woestyn maar sanderig jong