Monday, August 2

Die meisies in Avignon

Wie van julle onthou jare terug die storie, Meisie van Avignon wat op ons TV was? Dit was uit frans oorgeklank en ons het vasgenael gesit om die stories te kyk.

DSC_0095

Ons besluit om weer ‘n keer te probeer om die dorp Avignon raak te ry en almal is reg vir ‘n dag van baie stap. Gedurende die 14de eeu was Avignon die hoofstad van die Christusdom en het die popes hier gebly in plaas van Rome.

P1120061

Hierdie ou deel van die stad is omring met ‘n muur en dis een misie om deur die nou straatjies te probeer ry of parkeerplek te kry.

DSC_0105

Die dorp word beskou as ‘n belangrike stopplek van Paris na die suide en baie kunstenaars, skilders ens. bly in die stad.

DSC_0152

Een keer ‘n jaar word daar vir 3 weke ‘n “festival” gehou en raai wanneer?

Page1

Presies toe ons die dorp besoek. Hierdie festival fokus op die theater, dans en musiek en orals in die strate sien mens die advertensies of die kunstenaars wat rondloop en hulle show adverteer.

DSC_0100

P1120069

P1120084

Die dorpie word een groot vlooimark met kunstenaars. Dis baie moeilik om hierdie gevoel met net foto's vas te vang.

DSC_0124

Hoog teen die koppie sit die Palais des Papes. In 1309 het die Pope na Avignon gevlug uit Rome en sy opvolger Pope John XX11 het ook verkies om hier te bly. Die paleis is gebou deur pope Benedict XII en die dorpie het toe as die vatikan van die noorde bekendgestaan.

DSC_0126

In 1376 is die pope oorreed om terug te gaan Rome toe en het Avignon hulle eie pope aangewys wat die Christendom van daardie tyd verdeel het.

DSC_0139

Amper net so bekend is die brug oor die Rhone rivier waarvan net 4 van die oorspronklike 22 arches nog bestaan.

DSC_0136

Legende het dit dat ‘n skaapwagterz terwyl hy na sy skape “gekyk” het, gedroom daar is ‘n brug wat Avignon met ‘n ander dorp verbind. Die brug is tussen 1177 en 1185 gebou en verskeie kere verniel, oa deur in die rivier te val.

DSC_0161

En dan is dit tyd om huistoe te gaan, moeg na ure se drentel deur die strate. Ons kuier lekker hier in Provence.

Lekker week

6 comments:

Mariette. said...

Oe dit is pragtig,- die ou geboue dit gee mens sommer daardie geskiedenis gevoel.

Geniet elke oomblik want die tyd vlieg gou verby as mens dit geniet.

Lekker week
groetetjies.

Thea said...

Lieflike foto's! Ek's so bly vir julle dat julle op tyd was vir die festival! Julle moet lekker kuier verder!!

Sandra said...

Mariette dis soos om in die geskiedenis in te stap :-)

Dankie Thea ons geniet dit vreeslik

Muriel said...

Hello Sandra

Ai ek was nou lekker bederf gewees hier op jou blog!! Pragtige foto's.
Geniet julle vakansie
Liefde
xoxo

Sonja said...

Dit is die pragtigste ou geboue! Die atmosfeer daar moet seker iets uit n ander wereld wees.

Sandra said...

Hi Muriel lekker om weer van jou te hoor ons mis jou! Dankie vir die kuiertjie. Liefde

Dit het 'n ongelooflike gevoel Sonja en dit was nogal iets om te beleef