Monday, July 26

Te veel om in te neem

Om in Disney rond te loop was ‘n wonderlike hoogtepunt, maar die volgende oggend se opgewondheid om plekke in Paris te sien was nog groter. Weereens het Vader so goed na ons omgesien en alles selfs die trein rit Paris toe het seepglad verloop.

Page1

Op een van die stasies het musiekante in die trein geklim – in ONS wa – en vir ons Franse musiek gespeel! Die stasie was iewers gelee en ons het nie geweet of dit die regte plek is om af te klim nie, maar weereens het die meisies net ‘n klein tydjie gevat om die rooster te bestudeer voordat hulle die pad vat in ‘n algemene rigting en ons lekker saamhardloop om by te bly.

Page2

Net langs die stasie is daar ‘n besonderse kerk wat nie eers in die boekies feature nie en Elriza se “mense dis alles rerig” som ons gevoel op van in Parys wees. Die klomp ouens onder die boom met hulle laptops is ‘n studenteklas.

Page3

Ons verkyk ons aan die geboue terwyl ons ‘n plek soek om ontbyt te eet, en leer vinnig ons eerste les. Ontbyt hier is ‘n klein lunch en ons moet tot 12 uur wag as ons wil eet. Intussen moet ‘n teetjie en croissant die ding doen.

Page4

Die eerste plek wat ons raakloop is die Louvre. Natuurlik gaan die blydskap ook met ‘n sprongetjie of twee gepaard want nou het ons ook die stopplek van die bus. Ons toermaatjie “Rut” is natuurlik saam op die uitstappie.

Page5

Hierdie besonderse gebouwat al in die 12 de eeu gebou is en vandag as ‘n kunsmuseum gebruik word, en baie konings en Napoleon se woning was, hou ons lank besig. En natuurlik die “Arch of Triumph”

Page6

Ons ry met die oopdek bus deur die strate van Paris en die brue, bote en geboue is ongelooflik

. Page7

By die Notre-Dame is die toue km lank, maar net om die katedraal wat hulle in 1163 begin bou het van buite te sien is al amazing.

Page8

Ons hang soos vinke by die bus uit om al die geboue af te neem. Die mense wat langs die rivier le en tan is nogal snaaks.

Page9

En dan word die Eiffel toring iets meer as net ‘n foto – ons is regtig daar om dit self af te neem en so ook die Champs-Elysees.

Page10

Dis lekker warm en die mense tan nou selfs langs die fonteine :-). Ons soek deur die strate van Paris vir ‘n badkamer en volg ‘n bordjie. Wat dit belangrik genoeg maak om oor te blog is dat die bordjie ons binne ‘n badkamerwinkel in neem. Daar betaal jy en val in ‘n tou. Elke toilet het sy eie ontwerp en kleur en reuk en na elke gebruik gaan daar eers ‘n skoonmaker in wat skoonmaak en lekker ruik parfuum spuit. In die tou stap jy veby allerhande kleur en ontwerpers toiletpapier wat mens kan koop om huis toe te vat.

Page11

Ons besoek ook die Les Invalides en ry verby baie mooi kerke.

Page12

Die een groot frustrasie wat ons het, maar dit sorg vir baie pret is die kommunikasie met die Franse wat glad nie Engels kan praat nie. Dis laat die aand en nog baie lig toe ons die pad aandurf huistoe. ‘n Opwindende dag waar ons ongelooflike plekke en dinge gesien en ervaar het. Ons het die dag ten volle opgebruik.

Lekker week vir julle

6 comments:

Cecile said...

Ek kan myself net julle borrelend gevoelens voorstel... julle moet dit baie geniet.

Cecile said...

Ek kan myself net julle borrelend gevoelens voorstel... julle moet dit baie geniet.

Cecile said...

Ek kan myself net julle borrelend gevoelens voorstel... julle moet dit baie geniet.

Paula said...

Woww ... dit lyk asemrowend!!! 'n Besoek aan Parys is beslis op my droomlys! Dankie vir die kykie :)

Sonja said...

Ek is so bly julle neem sulke mooi foto's en wys dit vir ons ook,dit moet wonderlik wees om dit te beleef!

Sandmensie said...

Hi Julle!Die geboue en alles is baie mooi maar ek is verlief op die gesonde mooi blou lug en die spookasem wolke...
Ek mis myself ook daar... Greg is in Hongarye en ek mis myself ook daar...
dink ek het van daardie spesiale toiletpapier NOU nodig..
Ek kan nie wag vir Provence se Lavender felds nie!
xxxxx