Wednesday, July 21

Ons toer begin!

Maande terug het ek gedink die toer gaan 'n ewigheid vat voordat dit gebeur en nou is dit tyd!

Die van julle wat verlede jaar saam gereis het, sal onthou dat ons "dubbels" vir foto's saamgevat het. Kyk hier

DSC_0002

Twee van verlede jaar se diertjies is terug vir die avonture van Europa, Maine die chihauhau en Sandy die siamese kat.

DSC_0004

Ann die skapie is in NZ en reis nie hierdie keer saam nie en in haar plek het ons vir Coco die apie, Nella die Leeu en 'n spesiale reismaat Rut die Tier.

Vir die volgende paar daggies is ons in Parys en daarna af na die suide van Frankryk, Provence om bietjie daar rond te kyk. Ons bly op 'n plaas in Menerbes en klein dorpies wat nog vreemd se soos Manosque, Loumarin, Gordes en Aix-en-Provence sal ons graag wil gaan besoek. Daarna ry ons deur Italie en punt van Oostenryk tot in Duitsland vir oorbly in Garmisch-Partenkirchen, Oberammergau en Mespelbrunn.

DSC_0005

Daar is baie om te sien en dit klink nog alles onwerklik en ons sien vreeslik uit daarna. Dankie aan almal vir briefies en voorspoed toewens met die toer en ook vir 'n baie spesiale gebed, lees hier. Kom loer gerus so af en toe om te sien wat ons alles daar aanvang.

Liefde ons is nou oppad!

1 comment:

Paula said...

Geniet die toer!