Saturday, July 31

Ons reis deur Provence wat nie WP is nie

Na ‘n paar besige dae in Parys is dit tyd om af te ry na die suide van Frankryk.

Page1

Eers besluit ons om by ‘n paar dorpies oppad te stop, maar die afstand en elke keer tolgeld gebruik, maak dit onmoontlik. Ons stop wel by enetjie wat ek nie die naam van kan onthou nie. Daar is geen inligting oor hierdie kerk nie, behalwe dat ons weet dis nog in gebruik. Ons blyplek op ‘n plaas in Menerebes is verskriklik mooi en ek sal later foto’s van die “village” neem en vir julle wys.

Provence 2 & 3 008

Ons eerste voldag in Provence het ons ‘n bespreking om na te kom. Almal van ons se gunsteling lekkerruik winkel L’Occitane. Elriza se sy voel soos iemand wat ‘n bad-disneyworld gaan besoek terwyl ons wag vir ons gids om ons deur die fabriek te neem en dan ……. die winkel. Met produkte wat heelwat goedkoper is as in Abu Dhabi word die voorraad goed aangevul deur al vier van ons.

Page3

Daarna ry ons ‘n bietjie deur van die klein dorpies naby Manosque waar die mooiste lavender en sonneblom velde is. Rut kry ook kans om tussen die lavender te staan.

Provence 2 & 3 017

Al die dorpies oppad was so mooi en ons geniet dit om in die strate te stap en rond te kyk.

Page2

Na ‘n wonderlk dag braai die meisies vir ons heerlike vleis.

DSC_0020

Vroeg die volgende dag maak die meisies reg vir nog ‘n dag van rondloop en miskien shop deur oefeninge te doen. Ons ou tannies het al genoeg rondgeloop om nog krag en energie vir dit te he. Miskien verbrand hulle ‘n bietjie van hulle oortollige energie.

DSC_0029

Ons is eintlik oppad Avignon toe, draai links ipv regs en eindig in die wonderlike dorp Gordes op. Hierdie 12 century dorpie wat teen die hange van die Imergue vallei gebou is, is iets om te sien en te beleef.

Page1

Die hele dorpie is straatjies is sulke nou klippies op en afdraende.

DSC_0051

Die uitsig oor die vallei is pragtig.

Page2

Dis ongelooflik besig en blykbaar ook die dorpie in Provence wat die meeste toeriste kry. In 1938 het een van Frankryk se bekende kunstenaars die dorp begin besoek en sy “rusplek/werkplek” gemaak en weereens word ons bederf want dis markdag en ons kan lekker deur die strate drentel – party van ons het darem ‘n rokkie of twee kon koop.

DSC_0070

Aan die einde van ‘n lekker dag en ons kyk terug na ‘n geseende verdwaal waar ons in die mooi dorpie kon kuier.

Geniet julle naweek!

8 comments:

Desia said...

Dis so mooi daar!Die vorige inskrywings ook. Dankie aan die getroue foto-joernalis!

Sandmensie said...

mmmmmmm.....ek kan dit ruik...die laventel..
dis asemrowend mooi!
Jinne julle girls kan vleisbraai ook ne!
Sandra jy is 'n meester toerbeplanner en leier- dink jy moet 'n besigheid begin wanneer jy daardie ryk familielid opgespoor het.
Ja Man-en-Pa wat by die huis bly om die kinders en diere kos te gee...ek is saam jou!

Desire Fourie said...

Voorwaar 'n pragtige deel van die wereld. Dankie vir die deel van die fotos.
Desire

Thea said...

Dit lyk beautiful!! Ek sal beslis by jou kom kers opsteek as ek eendag die geleentheid kry om van die dorpies in Provence te besoek. Ek ken nie L'Occitane nie maar ek neem aan hulle het seker die heerlikste lekkerruik goedjies van lavender of hoe?

Will said...

Wow everything seems so old there, but it looks very nice! Wish I was there. Have a nice day mom :-) xoxo

Sandra said...

Dankie Desia. Die foto's en stories is sommer vir myself ook om te onthou.

Vicky dis die dogters wat sulke oulike vleisbraaiers is :-). Jy sou die lavender geniet het ja!

Sandra said...

DIs 'n mooi deel van die wereld daardie Desire en ons geniet dit vreeslik.

Thea jy sal onmiddelik by L'Occitane moet ingaan en ruik :-)

Sandra said...

Wens ook jy was hier seun :-), ons skinder baie van julle en oor wat julle sou doen en geniet.