Monday, July 26

Dag vol hoogtepunte

Ons is nou so oulik met die trein dat ons die stasie sommer gou-gou kry en die plekke waar ons wil wees.

DSC_0005

Die Louvre bly ons baken en dis ook waar ons, die volgende keer wegspring. Ons kan nie genoeg foto's neem nie.

Page1

Maar nou na die ritte op die bus die vorige dag weet ons presies waar ons wil afklim en die markie is een van die plekke - net so om nie heeltemal niks te shop nie.


Page2

Ons besoek heeltemal 'n ander deel van Parys en die geboue en kerke is net so mooi.

Page3

Eet moet mens eet en daar is ietsie van alles, moderne en oud.


Page4

Hier ry ons verby die St-German-des-Pres, Opera huis en van die ou trein stasies.

Page1_0

Dit reen en mens wil regtig nie dit mis nie - dit reen mos amper nooit in die woestyn nie. Rut sit langs Nelmari in die bus.

Page6

Die Moulin Rouge is toe en die vertonings is te duur, maar ons kan darem van buite af kyk.

Page8

Dan word die dag afgesluit met 'n hoogtepunt... op met die Eiffel toring.

DSC_0102

Die uitsig is net iets ongeloofliks en dit terwyl dit so 9 uur in die aand is

.Page9

Ons staan daar en foto's neem totdat die son begin ondergaan en ons groet Paris.

Nou vir Provence!

12 comments:

Pa-en-seun-wat-by-huis-DBV-speel said...

Nee maar reg, lyk my die groot toer loop nog voorspoedig. Soek asb ook daai Viljon familieplaas wyl julle daar is, net sodat ons 'n alternatiewe opsie het vir trek. Diertjies by die huis is almal versorg, hulle mis julle glad nie.

James said...

Ek wag nou al lank vir 'n foto van die blog se skrywer ook en nie net van die ander 3 nie.

Baie jaloers op julle toer, dit lyk baie mooi!

Ronelle said...

Ek stem 100% saam met jou James..

Ai Sandra, jy neem my omtrent down memory lane!! Parys is beautiful!!

Sandra said...

Ons is defnitief op die uitkyk na "ryk" familielede maar sien niks.

Seun jy weet mos ek loop agter die kamera .... maar dit sal kom.

Ek het nie vir een oomblik gedink jy sal nie met hom saamstem nie Ronelle :-).

retha said...

Pragtig! Mooi geboue, markie, eetplekke en die uitsig fantasties. Maar my kop is dronk van net na daardie Eiffel toring foto kyk

Sonja said...

Ek het net n rukkie terug vir die kinders geleer van die Eifel Tower en van Gustav Eifel wat dit ontwerp het, en nou kan ek hulle hierdie fotos wys! En ook het ons nou net van die Monnalisa van Leonardo gelees wat in die Louvre hang! en ek het gewonder hoe lyk dit daar! Dankie vir die pragtige fot0's ek sien uit na nog!!

Desire Fourie said...

Wow, julle fotos is pragtig. Julle moet julle reis ten volle geniet ... wat ek seker is julle doen.
Mooi bly
Desire

Thea said...

Ag hoe lekker laat jy my ook nou terug verlang na Parys. Dit is darem maar 'n stad wat net iets aan mens doen en ek sien julle is beslis ook nie onaangeraak deur daardie "iets" nie!! :-)

So terloops, van watter een van die 2 Viljoen broers stam julle familie af? Is dit Johannes of Henning? Ons stammoeder, Johanna Sophia Viljoen, was die dogter van Johannes Viljoen wat met Anna Cornelia Venter getroud was. Dus is ons BAIEEEEE.... ver langs familie!

Sandra said...

Die hoogte was ook nie my gunsteling nie Retha maar die mooi geboue het opgemaak daarvoor.

Sandra said...

Sonja dit was vir my net so lekker om die geskiedenis rerig te sien en te ervaar

Sandra said...

Dankie Desire ons doen ;-)

Sandra said...

Dit doen Thea maar dis nie n plek waar ek wil Bly nie. Die platteland dalkies :-). Ons is van Johannes Se Kant af.