Sunday, June 20

Waterponie sports

Ons "kla" oor die hitte van die see, maar tog is dit een van die plekke waar daar 'n effense windjie is om dit koeler te maak. Die kinders het 'n paar eilande gaan "verken" op jetski's die keer.

DSC_0473

Die jetski's reg om te vertrek.

DSC_0487

Besluite, besluite, besluit ... wie bestuur en wie neem foto's.

DSC_0491

En daar gaan William en Nelmari ....

DSC_0495

En James en Leane.

DSC_0498

Eilande hier kom ons.

DSCF0310

Abu Dhabi in die agtergrond.

Page1

Die eiland is van alle kante gesien. Vir julle ouens wat die dorp ken, hierdie gebou vlnr is: bo - die nuwe hotel in die ou Khaliday Palace hotel se plek, die villas naby Marina Mall, onder - die nuwe hotel oorkant die Emirates Palace en die agterkant van die sheikh se paleis.

DSCF0314

James en Leane raak eintlik klein soos hulle jaag.

DSCF0321

Skoon windverwaai.

DSCF0570

Nelmari en William - volgende keer wil sy asb op haar eie jetski wees se Nelmari want om saam met "toertjie-William" te ry is nie fun nie. Ek sou gedink het dit is :-).

DSCF0330

So lyk mens se hare as jy in die wind op die see met 'n jetski rondjaag.

DSCF0331

James het selfs 'n paar hare in die lig.

DSC_0501

En dan is die lekker verby .... terug na die hitte

Geniet julle laaste dag van die naweek!

11 comments:

William said...

It was super nice, and one of the things I would like to do again when I am back. Thank you mom and Pathatsgettingreadytogotodubai

Thea said...

Om op 'n jetski te jaag is een van die goed wat nog op my lysie is van goed om te doen...

Sandra said...

Bly jy het dit geniet seun, ek het al klaar iets gesien wat nog meer waterpret is vir wanneer jy weer kom kuier :-).

Is dit nou op jou Abu Dhabi lysie Thea? ;-)

Thea said...

Dit kan op my Abu Dhabi lysie ook bygevoeg word, mits jy saam sal kom jaag! Daar moet net nie kinders naby wees nie, want hulle kan dalk dink ons koppies raas! :-) Maar eintlik is dit op my (Salinas) Ecuador ) lysie. Maar ek is doodernstig hoor! Die "tomboy" in my WIL op een van daai goed jaag!

Sandra said...

Nee wat Thea die kinders sal dit geniet as ons moet saam jetski. Of dit Salinas of Abu Dhabi is, die foto's wil ek sien :-)

Mariette. said...

jip mens kan sien hulle het dit geniet, ons wou ook al gegaan het, maar, ek weet nie so mooi of ons dit met seuna kan doen nie...

lekker week vir julle!

Jan and Miekie said...

Dit lyk baie lekker! Maar daardie loop in die son so sonder hoed? Ek weet nie hoe hou julle dit nie?

Sandra said...

Mariette op die oopsee is dit miskien nie iets waar 'n kleinman veilig sal wees nie - daar moet darem goed wees wat mens wil doen as jy groot word :-).

Miekie mens raak so 'n bietjie gewoond aan die hitte en humiditeit wat terloops gister in die 80% was. Hulle se ons warmste somer nog le voor - ai. Ons le maar laag by die huis.

retha said...

Dan voel ek nie te sleg dat ek die sekondes dop hou om die son terug te he by ons nie.

Vir my lyk dit na n goeie manier om die eilande te besigtig, om die kinders te stuur foto's te gaan neem. Hoop jy het die keer ietsie koels kon drink.

Sandra said...

Eendag op 'n reendag sal ek dit ook doen Retha. Die kinders raak oulik met die fotonemery :-)

Sonja said...

Dit lyk sooooo lekker, ek wou nog altyd graag op een van daai goed gery het!