Thursday, March 4

Wat gaan aan?

Die weer is lekker deurmekaar hier in die woestyn die laaste week of twee en net so is die huis want ons trek en baie mense in die huis neem maar swaar afskeid van opgaar goetertjies.

sandstorm_3

Eers het ons 'n afskuwelike paar dae van sandstorms gehad en mense dit was regtig sleg en die sigbaarheid nie bestaande.

UAE sandstorm 1 Feb 2008 022

Dan die kersie op die koek trek ons na 'n nuwe uitbreiding wat nog reg in die woestyn sit en met die slegte wind het dit gelyk asof die woestyn die pad wou terugvat.

216870310

Maar so drie/vier daggies terug het die blitse en donderweer toegeslaan en het 'n reenstorm die woestyn getref. (Hierdie foto met nog een of twee is van die plaaslike koerant verkry).

249283742

En soos ek al vertel het, veroorsaak reen chaos omdat daar nie dreinering is nie. Orals in die strate en voor huise was daar damme water. Maat ek wou nie jou foto gebruik nie, indien jy self wou, maar ek kan julle vertel dat die kinders selfs voor Charmaine se plek in die parkeerarea geswem het :-). Skoon waterverskrik.

522344492

En met die reen wat ure aanhou was dit gou-gou ernstige chaos in die dorp.

3958708502

Ek het julle al vertel van 'n wadi en hoe dit 'n droe riverloop is en so het hierdie wadi na die reen gelyk - van hoek tot kant propvol water.

Sou dit 'n teken wees vir wat wag, le daar vir ons 'n bloedige warm somer voor .. Ten minste sal ons nou in 'n plek wees met ac wat werk om ons af te koel.

13 comments:

Thea said...

Goeiste! Praat van uiterstes! Lyk vir my die hele wêreld se weer is deurmekaar. Hier by ons klink dit vir my of die Kapenaars behoorlik uitbraai.

Sterkte met julle trekkery ook! Van opgaargoedjies kan ek ook nou baie goed getuig! :-)

retha said...

As n gedwonge-geneesde-sentimentele-pack rat (geen spasie) se ek sterkte met die apgaar goedjies.

Bly te hoor van die lugverkoeler. Hoop nie dit beteken jy gaan minder foto's he om te wys van jul mooi plekke nie.

Sandra said...

Ja nee Thea winter is nie meer winter hier soos dit vroeer jare was nie :-).

Jy al klaar met jou trekkery? En die ander planne?

Sandra said...

Ag Retha sien al daai goedjies wat ek hou het ek nodig :-). Mens kan mos altyd 'n boek, cd en video weer gebruik :-) hoe maak mens dit nou minder?

Charmaine said...

Die weer is iets ysliks dis waar en die reen kom net eenmaal 'n jaar. Dit moet maar elke jaar as openbare vakansie verklaar word. Of ons moet bote aanskaf...en maskers vir die stof...en 'n aia om die huis skoon te hou. Ek bly nie voor nie

Anonymous said...

Hier in Korea is die weer ook heel simpel. Ons het so 2 of 3 weke terug sneeu gehad en toe was dit eweskielik warm en nou reen dit al wie weet hoe lank en dis koud!

Aapstert said...

Hierdie is ongelooflike fotos. Ja lyk my dit is ma ooral so. Die weer hier in Johannesburg was ook ma 'n bietjie snaaks.

Daar is 'n nuwe Afrikaanse sosiale netwerk! Probeer hom asseblief by http://www.aapstert.com !

Sandra said...

Maat jy moet eintlik daai swembad foto van jou wys :-)

DIe weer is beslis besig om wereldwyd te verander. Ek sal nie omgee as ons langer winter hier het nie.

Welkom Aapstert. Ek hoor die Kaap se weer is net so deurmekaar. Sal beslis daar by julle kom inloer.

Desire Fourie said...

Sjoe dis nou behoorlik sopnat daar by julle. Bly om te hoor dat julle nou werkende aircon sal he.
Mooi bly
Desire

Thea said...

Ons trek die 19de Sandra maar begin reeds volgende naweek al bokse aanry. Die nuwe huis word op die oomblik nog uitgeverf en die huis waarin ons nog bly word ook gereed gekry vir verkoop/verhuur.

Wat die ander planne betref... dit kook! Onderhandelinge word nou op die spits gedryf ter voorbereiding van die ondertekening van die kontrak. Hierdie tipe van goed neem baie tyd want daar is 101 dinge wat in ag geneem moet word en ons praat van miljoene rande wat ter sprake is. Maar wanneer ons gaan, weet ons nog nie, dit sal seker na die ondertekening van die kontrak duideliker word.

Anonymous said...

Dit moet tog 'n belewenis wees as mens so min reen sien en dan REEN dit vir 'n slag! Die rivier en omgewing lyk baie, baie mooi!


Ek hoop my comment wys! Ek sukkel deesdae my alie af... :(

Sandra said...

Hi Desire lanklaas van jou gehoor :-). Ons reen is alweer verby en nou het ons nuwe sandstorms

Thea dis nie fair nie. Hoekom het jy langer tyd as ek om te pak. Ons trek hierdie naweek. Daai ander planne kan ook gou gebeur klink dit my --- binnekort is jy 'n professionele "pakker". :-)
Sterkte daar!!!

Sandra said...

Vlam in hierdie land los die reen sulke modderkolle op die motor :-) maar ek's 'n Kapenaar en ek hou van weer en 'n bietjie koelte so ek kla nie. Die sand is egter weer terug en daarvan hou ek niks.