Sunday, March 28

Vroee Verjaarsdag

img059

Dis amper alweer sulke tyd en die dogtertjie wat baie jare terug nog so gelyk het, word hierdie week 17 jaar oud!

DSC_0038

Maar met ouboet wat trou, Eddie wat in SA gaan wees en belangrikste haar beste maatjie wat weer uitvlieg, was daar geen rede hoekom die verjaarsdag nie vroeer gehou kon (lees moes) word nie. Minri en Nelmari vol glimlaggies omdat hulle bietjie kan saamkuier.

DSC_0039

Natuurlik is James heeltemal verspot, nie net omdat hy bietjie kos kry nie – dis maar moeilik om so op jou eie te bly, maar gelukkig is dit nog net ‘n paar daggies.

DSC_0001

So tussen-in kan die geskenk darem oopgemaak word want almal wil sien.

DSC_0003

James gee die drumroll …..

DSC_0004

Ag nee …. ‘n toer-rugsak vir haar laptop … en dit terwyl mens reeds ‘n sak daarvoor het ……

DSC_0006

En dan in die binnekant die eintlike geskenk. ‘n Vliegtuigkaartjie Frankryk toe! Jip sy het nie geweet nie, maar Julie toer sy saam Frankryk, Duitsland en Passiespele toe!!

DSC_0035

Die honger-man is selfs bereid om eier te vang terwyl die chef sy toertjies doen.

DSC_0036

Aan die einde n lekker stukkie koek en ‘n boodskap op die plaat. Baie geluk met jou Verjaarsdag sussie! Ek’s seker dat jy hierdie week nog ‘n partytjie of twee gaan beplan. Onthou net daar is nie ‘n geskenk by elkeen nie :-)

Lekker week vir julle almal!

16 comments:

Desia said...

Baie Geluk! 17 is so 'n lekker ouderdom om te wees, ten spyte van al die tienertantrums (net my opinie) geniet die jaar en veral die Europese toer!

Sonja said...

Baie geluk Nelmari,jou geskenk klink wonderlik!

Ronelle said...

Wow! Ek wens ek was julle dogter Eddie & Sandra! Fantastiese geskenk..

Baie geluk met jou 17de verjaarsdag Nelmarie, en geniet Frankryk, Duitsland & die Passiespele.

retha said...

Nelmari geluk!
Seker dit sal aangenaam wees.

James said...

Happy birthday! Hoop j verjaar baie lekker en ons sal weer partytjie hou as ons trug is ok

Sandra said...

Desia sy het eintlik haar "tiener-tantrums" reeds op 5 jaar oud geslaan en dis nou beter :-)

Dankie Sonja en ja ons gaan haar eintlik "gebruik" want sy is die een wat Frans kan verstaan en praat :-)

Sandra said...

Weet jy hoe moeilik dit was om die geheim so lank te hou Ronelle? En nou moet jy weet het die arme kind niks om aan te trek vir die trip nie :-).

Retha ons sal julle beslis almal op datum hou van die trip

Daar is baie partytjies as julle eers terug is seun

Pa-van-die-verjaarsdag-meisie said...

En nou is die nuwe patio ook reg vir more aand se "kuier"!

Kan ek nou maar Hermanus toe gaan asb, het die rus dringend nodig?

Die-dogter-sonder-rakke-in-haar-kamer said...

Jy mag maar gaan sodra die rakke op is en die 'toolbox' weg ge sit is : p

Ronelle said...

Sandra, het jy nie geweet klere wat mens in Abu Dhabi dra kan jy nie in Duitslang & Frankryk dra.. ek dog jy weet als ;-)

Eddie, laat weet wanneer jy kuier in Hermanus dan kom ek en Hennik oor vir 'n lekker kaapse vis-braai!!

Ronelle said...

Duitslang?? hmmm dis die kknk wat dit aan my doen hahaha

Thea said...

Wow! Jy is 'n BAIE gelukkige meisie om so 'n groot verjaarsdag geskenk te kry Nelmarie! Geluk met die verjaarsdag al is dit al verby. En geniet die shopping vir die oorsese reis! ;-)

nikita said...

Wat 'n lekker geskenk en BAIE geluk!

Sandra said...

Ek's bly ons gaan die Duitslang toe nie Ronelle :-). Laat weet bietjie hoe dit met die KKNK gegaan het.

Thea ek het gedink jy sal my nou help deur te se dat mens het nie nuwe klere daarvoor nodig nie :-)

Dankie Nikita

Thea said...

Jammer Sandra! Ek is ook een van daai wat nooit niks het om aan te trek nie! LOL!!

Sandra said...

Dankie Thea :-)