Wednesday, February 3

Wat maak so? 'n Kat in die tuimeldroeer?

Hierdie huis en diere is iets ysliks. Ek het al baie vertel van die baba straatkatte wat Nelmari so makmaak.

P1110703

So 'n tydjie terug het hierdie brak ook by ons aangeloop gekom. Hy het seker vir Luie ons baster saluki gehoor en besluit om bietjie te kom kuier. Nie dat Nelmari dit nie geniet het nie. Nou is dit tyd om vir Friday (die dag wat hy by ons aangekom het) huis te soek.

Al die agtergrond is net om te wys dat ons lief is vir diere en hulle nie sal mishandel nie.

Die boetie en sussie straatkat wat nou al van geboorte by ons bly is iets anders. Hulle hardloop in en uit die huis asof dit hulle plek is en vergeet maar van 'n afstand hou dat mens nie kan bond nie, hierdie tweetjies maak seker dat hulle op gedruk en geliefie word.


DSC_0112

Die dogtertjie "pancakes" (haar boetie is waffles) sal enige iets doen om in die huis te kom. By die waskamer is daar sulke waaiertjies wat help as die a/c nie aan is nie en al draai die ding hoe vinnig - as sy iemand daar hoor wil sy in.


DSC_0151

Daardie pootjie en koppie is al soveel keer raakgekap as die waaier draai maar hoor is min en sy probeer elke keer weer van voor af

.

Hoe kan mens nou nie luister vir hierdie smeek nie?


Luister hoe kap die waaier daai pootjies :-). Gelukkig het sy nog nie seergekry nie.

8 comments:

retha said...

Verbysterend.

Sonja said...

Ek kan sommer sien julle harte is net goed! Maar wat maak n mens nou as die kat homself mishandel?

Sandra said...

En hulle is baie dom Retha :-)

Sy's eintlik die dierbaarste klein straatkat wat so lekker pprrr en skuur as sy in die huis kom.

Nelmari said...

The only reason I was carrying the dog is because he didn't want to leave the house :p

Anonymous said...

LOL @ 'n kat wat homself mishandel! :D

Sandra said...

Dis seker die rede hoekom jy al die diertjies die huis indra ne sussie :-).

Ek dink nie sy kry seer nie Vlam, anders sou sy dit mos nie aanmekaar gedoen het nie .... wonder ek.

Charmaine said...

Ag moeder maat :-)))

Sandra said...

Die ma het darem oulike kleintjies ne maat. Hierdie een is die oulikste, mooiste, slimste gemmerkat in die land se sussie :-)