Wednesday, February 10

Iets besonders om te sien

Later vanjaar gaan 'n paar van ons bietjie Duitsland en Frankryk toe, en soos by alle lande is daar sekere plekke wat mens net eenvoudig moet besoek anders was jy nie daar nie. As ek 'n besoek aan Abu Dhabi moet bring, dan sal die Sheikh Zayed Moskee beslis een van my moet besoek plekke wees vir sy prag en praal. So het ek dan ook tot vervelens toe foto's van dit op my blog gesit. Loer bv hier. Maar die laaste twee aande het James en Eddie die moskee in die aand gaan besoek en hierdie is foto's van die moskee soos ek en julle dit nog nie gesien het nie.... Daar is vier baie groot minarets van 107 meter hoog op elke hoek van die moskee en die twee was op in een van hulle. Hierdie is die uitsig na die parkeerarea en tuine wat nog aan die ontwikkel is. Mens kan baie ver van hierbo af sien. Die klein helderverligte "moskee" is die graf van die gewese president van die land en 'n plek wat mens nie mag afneem nie, maar wat julle al ook op van my foto's gesien het. In die aand is dit 'n heeltemale ander prentjie.James heelbo met 'n deel van Abu Dhabi op die agtergrond.

DSC_0007

In die aand word die moskee verlig en die ligte verander in allerhande kleure wat dit 'n prentjie maak om te sien. Hier is die ligte nog nie aan nie.

DSC_0010

Een van die minarets van onder na bo afgeneem.

DSC_0022

Kyk net hoe mooi vertoon die marmer teen die lig.

DSC_0030

Alles lyk asof dit in blou gekleur is. Daar is 1096 pilare aan die buitekant van die moskee.


DSC_0033

James staan en kyk na die hoofingang terwyl die koepels blou vertoon.

DSC_0038

Die ligte, water en pilare maak 'n mooi prentjie

DSC_0039

Dis so die moeite werd om die plek te besoek.

Ons naweek begin vanaand, julle moet die res van jul week geniet.

7 comments:

retha said...

Hoop nie James het probeer seker maak oor die aantal pilare nie.

Sandra said...

Nee wat Retha, daai detail kry ons sommer van die internet :-).

Jy is een vir min woorde deesdae ou Nig. Heeltemal so teen jou natuur :-)

Sonja said...

Dit is aanskoulik daardie! Geniet julle lang naweek!

nikita said...

Indrukwekkende foto's! Baie mooi!
Geniet die kuier in Europa!

Sandra said...

Dankie Sonja. Ons naweke was eers Donderdag en Vrydag en nou is dit Vrydag en Saterdag. Ons Vrydag is dus julle Sondag en ons Saterdag ook julle Saterdag.

Dankie Nikita. Ons gaan Europa eers kans gee om warm te word Nikita, dan gaan ons kuier :-).

Charmaine said...

Dit is pragtig!!! baie besondere fotos wat mens nerens anders te siene sal kry nie

Anonymous said...

Dit is 'n lieflike plek om te besoek. Ek sal graag weer daar 'n draai wil maak. Nie geweet mens kan met die minnaret opgaan nie.
Marietjie