Thursday, January 21

Wat gaan gebeur?

Elke seisoen maak nie saak watter sport, watter span en op watter vlak, begin die span nuut en het al die betrokke ondersteuners hoop of nie vir die seisoen. Die ondersteuners van die Varsity Dogters Basketbalspan is geen uitsondering nie. Maar soos alle spanne se ondersteuners begin ons ook nou-al dink aan moontlike verskonings sou die span nie heeltemal bereik wat ons voel hulle moes nie. Ek meen in hierdie span van 10 het slegs 3 dogters verlede jaar in die span gespeel, hulle is spik splinternuut! Verlede jaar se span het bestaan uit ten minste 7 uitstekende spelers wat in enige varsity span kon speel - en nou vanjaar ....?

Dxb college

En wat gaan doen die afrigter met hierdie "groentjies"? Hy reel in die eerste vier wedstryde van die seisoen, 3 teen die beste en sterkste skole hier in die UAE en ons begin kyk na nog 'n verskoning .... hoekom moet hulle moed gebreek word al in die eerste paar wedstryde, dis so verkeerd en so onregverdig. Die dogters moet mos eers hulle basketbalvoete vind of hoe? Ons eerste wedstryd is teen Dubai College en alhoewel dit vir die eerste 2 helftes kop aan kop verloop, wen ons dogters 31 - 18. Nie sleg nie. En natuurlik speel nr 25 met die blou kniestut 'n uitstekende wedstryd :-).

DAA

Maar ons moet nie gerus raak nie, want die tweede wedstryd word gespeel teen DAA (ook van Dubai) en nog altyd ons menace. Dis 'n naelbyt stryd en die meisies speel hard. Ons arme ondersteuners op die pawiljoen se hart gaan elke keer staan as die kompetisie die hele span sub en vars bene opsit terwyl ons dogters blaas - maar hulle het hart en daar word geklou vir al wat hulle werd is aan die bal - ons wen 36 - 27!!! Yippie!!!

Choiffat

Die derde wedstryd is 'n oefening wedstryd teen Chouieifat en nadat die span 'n groot voorsprong opgebou het bring die afrigter die nuwelinge op terwyl die ander bietjie rus. Goeie oefening vir hulle en met 'n groot telling van 48 - 11 kry ek nie eers kans om die bord af te neem nie. Die kinders moet maar die oorwinning geniet want hulle grootste kopseer ACS le voor.

Page5

Dis altyd die wedstryd met die meeste ouers amper soos 'n Gim teen Paul Roos en synde dit by hulle veld is, is ons klomp Leeu-ouers in die minderheid. Maar hoe langer die wedstryd aangaan, hoe stiller raak dit rondom ons en ons dogters speel hulle hart uit. Min balle kom by 25 verby en al is sy gemerk in die wedstryd, deur die oposisie en skeidsregter speel sy net soos haar ander maats 'n baie goeie wedstryd.

Page6

Nodeloos om te se dat daar groot vreugde was met hulle 38 - 19 oorwinning. Nou le die eksamens voor en dan is dit alles weer van voor af vir hulle eerste toernooi van die seisoen. Mooi so meisies ons is trots op julle en nou het julle nie meer verskonings vir die ander wedstryde nie - julle het reeds die "vorige bestes" gewen, die toernooie is julle s'n!

Go Lions!

15 comments:

Desia said...

Verskoon my onkunde; die ander skole waarteen julle span speel, is dit ook meestal buitelanders of is dit die inheemse mense? Ek moet erken ek het geen idee hoe "modern" jul gasheerland is nie!!

Desia said...

Re my vorige kommentaar: Ek bedoel hoe "modern" in die opsig van mag die plaaslike meisies aan sport deelneem?
Na aanleiding van jou blog kan ek duidelik sien hoe modern die ander dinge is.)

Sandra said...

More daar in Kanada Desia. Daar is min "locals" wat basketbal speel en die spanne waarteen die kinders speel is meestal buitelanders. Die moslem kinders (dis gewoonlik van ander lande) sal met 'n langbroek en selfs 'n kopdoek speel. Die plaaslike meisies kan deelneem in sport - hulle kan nie enige sportuitrustings dra nie - maar verkies sportsoorte soos sokker. Die landse eerste vroulike atleet na die olimpiese spele as ek korrek is, was die sheikh van Dubai se dogter en dit was vir karate/judo of so iets.

Charmaine said...

Mooi so Nelmari!!! Se mos nog altyd jy is 'n ster. Ek sien dit gaan sommer 'n uitstekende seisoen wees.

Thea said...

Baie geluk met julle oorwinnings Nelmari! Voorspoed vir die res van die seisoen se wedstryde!!

Sandra said...

Ons hou duimvas daarvoor maat. Dis mos altyd lekker om te wen as mens hard werk daarvoor.

Dankie Thea!

retha said...

Geluk! Hoop dit hou so aan vir julle

Anonymous said...

Soos jy dit geskryf het, kon dit amper die draaiboek vir 'n movie gewees het! En pure Hollywood, is dit net gelukkige eindes. :D Baie geluk!!

Sandra said...

Ek hou ook duimvas vir 'n goeie seisoen Retha. Alhoewel dit sal 'n goeie seisoen wees as hulle net elke wedstryd hulle beste doen.

O nee Vlam daar is teveel draaiboeke oor Basketbal - en party nogal goeies :-). Ek hoop ook hulle seisoen eindig goed!

Nimsi se Blog said...

Baie Geluk aan die Lions. Sterkte met die res van julle seisoen - hou ons op hoogte asseblief.

Nelmari said...

Dankie almal!! Ek hoop ons gaan elke keer goed speel en dat ons niks probleme sal he nie :D

Sandra said...

Jy weet mos Nims die boring blog gaan oor wat ons en die kinders doen so verseker gaan julle hoor of julle nou wil of nie :-)

Jy's oulik so met die Afrikaans sussie :-)

Sonja said...

Mooi so,Nelmarie! Jy begin die jaar sommer op n hoe noot!

Jan and Miekie said...

Baie geluk aan die uitstekende span - met Nelmarie in die span, hoe kan dit nou ook anders? Dit lyk my die afrigter het toe tog goed en reg gekies!

Sandra said...

Dankie Sonja, dis mos altyd lekker om te wen.

Wil my so voorkom Miekie :-)