Showing posts with label Kersfees2010. Show all posts
Showing posts with label Kersfees2010. Show all posts

Thursday, December 23

Dis Kersfees in Abu Dhabi

In die land van uiterstes sal dit natuurlik onmoontlik wees dat hulle nie ook iets met Kersfees "sal doen" nie. En waar ons klompe jare terug nie eers 'n kersboom in die dorp kon koop nie, is dit nou orals en in elke winkelsentrum.

Page1

Die een wat die meeste kommentaar gelok het van heinde en verre is die $11 miljoen een by die Emirates Palace hotel. Jip, $11 miljoen!! Die versierings is juwele van 'n juwelierswinkel - nie so mooi soos mens dink nie. En vir die mense wat se hulle kon baie gevoed het met die geld - hierdie juwele gaan terug na die winkel toe na Nuwe Jaar.


Page1

In die huis het die diere vanjaar 'n fees (veral die straatkatte wat hulle eerste kersfees met 'n boom het). Die versierings aan die boom, strikkies en linte op die geskenke en selfs nie naamkaartjies is spesiaal vir hulle opgesit om al te haal en mee te speel. Ons het nie nodig om die huis te versier nie, die katte het hierdie taak op hulle skouers geneem vanjaar.


Gisteraand het ons gesing tydens 'n Internasionale Kersaand en hier is die kinders (twee van Charmaine s'n ook) wat 'n een liedjie in 'n swart taal en een in Afrikaans gesing het. More die 24ste is ons weer op die Baniyas eiland vir 'n kersdiens vir die mense daar en Kersdag sal ons rustig by die huis kuier.

Aan al my blogmaats en familie wat hier lees. Soos die pastoor gisteraand gese het, Kersfees is nie in 'n plek nie, maar in ons harte. 'n Baie Geseende Christusfees vir julle waar julle ookal is, en 'n Voorspoedige 2011!