Showing posts with label Hitte. Show all posts
Showing posts with label Hitte. Show all posts

Saturday, June 26

Boer maak 'n plan of nie

Ek onthou as kind het ek partykeer gewens jy kan net 'n ketteltjie kookwater in die see of koue swembad gooi, dat mens net kan inklim sonder die koue pyn wat jy moet ervaar. Natuurlik is dit nou nie 'n probleem waarmee ons hier in die woestyn sukkel nie en het ek al vele kere gese die seewater voel soos badwater. Vandag was een van daardie hittige dae en omdat daar nie later sou tyd wees nie, is die swembad vir 'n doop reeds vroeg opgeslaan en ingetap.

DSC_0015

By die huis gekom later het Nelmari vertel hoe warm die water reeds is en daar is besluit om dit bietjie af te koel met ysblokkies.

DSC_0017

Die ys is so koud dat mens eintlik gesig trek soos jy dit uit die sak probeer kry.

DSC_0018

Hier kan mens duidelik die ysblokkie sien oppad water toe en ... die oomblik toe dit die warm water tref is dit opgelos en weg.

DSC_0019

Ek dink nie dit 'n vreeslik gehelp nie, miskien net in mens se kop jou laat verbeel dis koeler.

Volgende keer as jy 'n kombers oor jou moet trek of 'n warm baadjie moet aantrek, wees dankbaar vir die koue weer ... iewers op 'n ander plek is daar iemand wat graag sou plekke ruil.