'n Besoek aan Mount Nebo. Dis nogals 'n steil bult van 1000m onder seevlak reg op tot 1000+m bo seevlak en die omgewing verander om elke draai.
'n Bietjie bekendheid van waar ons vandaan kom, 'n troppie kamele.
Mount Nebo waarvan ons lees in Deut 32:48-50.
Langs opgrawings van 'n ou kerk, is 'n nuwe kerkie in 1933 gebou om Moses se sterfplek te "herdenk". Met die opgrawings is 6 grotte gevind (grafte) waarvan die vloere van mosaiek was.
In die "museum" is ook heelwat van die opgrawings en mosiaek werk.
Die "Serpentine Cross" simboliseer Moses se tyd in die wildernis in Num 21:4-9 en die kruis waarop Jesus gekruisig is Joh 3:14.
Dis hier waar Moses gestaan het en oor die beloofde land uitgekyk het. Hulle se op 'n helder dag is Jerigo tot sover as Jerusalem sigbaar van hier af. Wat vir my baie interessant was, was dat afhoewel daar lande is wat maak asof die land aan die anderkant van die Dooie See nie bestaan nie, praat ieder en elk van die Holy Land.
Ook 'n besonderse plek om te sien en te ervaar. Ons ry daarna deur die stad Madaba wat self baie ryk aan geskiedenis is. Baie mosiaek opgrawings is in hierdie dorp gekry toe hulle begin nuwe huise bou het en daar is heelwat mosiaek fabrieke wat deur baie toeriste besoek word hier. Madaba is ook die dorp in Jordan waar die meeste Christene bly.
Ons laaste stop, reg in die middel van die stad is 'n ou Griekse kerkie. Op die foto onder links sien julle 'n ou kaart van die antieke "Holy Land" en binne in die kerk is daardie kaart in mosaiek gedoen Die kaart is in 1897 ontdek toe hulle besluit het om 'n kerkie daar te bou en hulle begin uitgrawe vir die fondasie. Die kaart het al die groot stede van die Heilige Land met Jerusalem reg in die middel as die belangrikste stad.
Madiba die dorp is ten minste 4500 jaar oud en in die Bybelse tyd (Num 21:30) praat hulle van die stad as Medeba.
Madiba die dorp is ten minste 4500 jaar oud en in die Bybelse tyd (Num 21:30) praat hulle van die stad as Medeba.
Wat 'n einde tot die toer en net nog meer goed om aan te herkou!
Ons slaap die aand in Amman om die volgende oggend vroeg terug te vlieg. Bietjie bekommerd dat hulle gaan vra waar ons was, maar weereens is 'n Groter Hand in beheer van alles. Ons loop deur paspoortbeheer binne 10 min en ons tasse is onmiddelik beskikbaar!
'n Ongelooflike twee weke!!