Saturday, January 18

Blomme en nogmaals blomme


Die Desember weer in die woestyn is vanjaar so lekker en met Nelmari hier en 'n besoek aan Dubai waar Elriza 'n groep toespreek, is dit 'n goeie geleentheid vir 'n besoek aan die Miracle Garden.
Page1
Mens wil jou verkyk aan al die blomme en kleur.  Hulle se dat daar meer as 45 miljoen blomme is wat blom in alle vorms, strukture en kleure en dit is ongelooflik mooi.

Page3

Verskillende huisies en strukture is gebou wat versier is met blomme.  
Page5

Selfs die "ou" motors is nie die blomme gespaar nie :-).

Page6
Een van die mooiste blom strukture vir my is die poue wat so kleurvol met blomme uitgebeeld word, soos wat hulle in die regte lewe is.
Page7
Die tuin is uniek in die wereld en daar word hard beplan aan die tweede fase wat nog meer blomme gaan he.
Page8

Mens kry net nie genoeg van die kleure en lekker gevoel van tuine stap nie.  Hier in die woestyn is dit nie iets wat ons baie kan doen nie.

Page9


Natuurlik gebeur niks hier sonder om 'n wereldrekord op te stel nie, die mense hou van die beste, grootste, duurste ens.  Die blomme muur wat reg rondom die tuin gaan, is amptelik die langste blommemuur in die wereld.  Ek is seker dis 'n plek wat ons weer sal besoek, veral as die volgende fase oop is.





2 comments:

Desire Fourie said...

Oh wow dit moes n belewenis gewees het. Dis stunning en so kleurryk.
Mooi bly
Desíre {Doing Life}

retha said...

Dit is pragtig, verstommend. Selfs bietjie graffiti op die motors.

En die sambrele-net onder die poue- lyk so klein as dit die normale groote sambrele is. Ek hou ook van daardie idee.