Friday, June 1

Die dames is plesierig ...

Op die blogfront gaan dit maar stil, maar dit is ook waar die "stil" ophou.  Behalwe vir die nuwe "blogger" uitleg waaraan ek moet gewoond raak, is my rekenaar ook nie meer die staatmaker wat dit was nie.  In die hitte "vries" dit elke paar minute en word 'n blog partykeer meer as drie keer oorgeskryf.  EN dis die einde van die jaar vir ons, alles sluit af en dit beteken dat ons lekkkeeerrr besig.

Om fondse vir ons uitreik Namibia te kry, is daar besluit op 'n damestee ... soos wat ons by die huis hou!  Dit het ons laat rondhardloop, maar met die entoesiasme wat dit ontvang is, is dit iets wat gekom het om te bly.  Daar is gou-gou besef dat ons nie genoeg tafels het om almal te akkommodeer nie.  Wat 'n lekker probleem.

Page1

Die gasvroue het hard gewerk om hulle tafels mooi te maak en met eetgoed te laai.

Page2

En die tafels het so mooi gelyk.  

Page3

Dieselfde tafels, maar elkeen anders soos die gasvrou haar stempel op haar tafel afgedruk het.
Page6

Ons gasspreker het net twee dae tevore vanaf Amerika ingevlieg en gou-gou almal se aandag gehad.  Natuurlik ook ons musiekspan wat eers die dames in worship gelei het, en daarna terwyl almal lekker gekuier het, heerlike agtergrond musiek verskaf het.  
Page4

En toe is daar gekuier mense ....   Ons tieners onder regs se tafeltema was Alice in Wonderland en hulle het op die einde die tweede plek gekry.
 
Page5

Die kuiers was meestal in Afrikaans .... lekker ....!  Die tafel onder regs was ons wentafel.  Maar ek dink in die einde het almal gewen, want ons het lekker gekuier en lekker geeet.  Sonder twyfel maak ons volgende jaar weer so!





5 comments:

Desire Fourie said...

Oh wow, die dames se tafels het voorwaar feestelik gelyk, daar is omtrent uitgehaal en gewys. Sterkte met die fondsinsameling.
Mooi bly
Desíre
DS4J DT Member
Digistamps4Joy
Doing Life

Desire Fourie said...

Oh wow, die dames se tafels het voorwaar feestelik gelyk, daar is omtrent uitgehaal en gewys. Sterkte met die fondsinsameling.
Mooi bly
Desíre
DS4J DT Member
Digistamps4Joy
Doing Life

Charmaine said...

Dit was lekker harde werk... maar volgende keer sal dit seker makliker gaan. As mens dit eers eenmaal gedoen het dan weet mens mos.... of hoe?

Anonymous said...

Pragtig! En Lekker!!

retha said...

Lekker eet en kuier is altyd 'n wen.