Friday, March 2

Die fort deur die jare

'n Grootte werk wat ek vir myself gegee het ... om al (of meeste) van die ou foto's oor ons tydjie hier, te scan in in folders te bere op die rekenaar .... en daar is sooooo baie. Maar dit beteken ook lekker teruggaan op ou onthou's en ook sien hoe die land hier in al die jare verander het. Lank lank gelede nog voordat daar enige malls in Abu Dhabi was, het ons baie gereeld langs die see of in die woestyn gaan kamp en dele van die land gaan ontdek.

img295

Een van die gunsteling trippies was af na die Fuijerah kus toe. Daar was baie te sien en baie te doen, en ons was gewoonlik 'n konvooi van mense en die motor was gelaai soos 'n taxi met kampgoed. Met die loer deur die foto's het ek gesien hoe die ou fort verander het.

Page1

Die kinders was maar baie klein, maar kon mooi op die kaart wys waar ons is :-).

img296

Dit is hoe die fort op ons besoek in 2001 daar gelyk het.

img297

Van 'n ander fokuspunt af en hierdie boom help baie om te wys hoe die verandering plaasgevind het. Die fort is in die 18de eeu gebou en was die blyplek van die heerser van Fuijerah en sy familie vir baie jare.

17

Sewe jaar later in 2008 kan julle weer die boom sien en nuwe uitgrawings van huise. Die fort is ook hier in die proses om gerestoreer te word.

Amelia Fuijerah toer 3  Augustus 2007 015

Die betrokke fort het beide 'n vierkantige en ronde toring en mens kan sien hoe dit met klip herstel word. En wat vir ons soos, natuurlik moet hulle dit herstel en instand hou is, is hier meer die uitsondering as die reel. 'n Nuwe land, met hoe blink geboue waar hulle sommer iets afbreek en groter en beter opbou ... restorasie soos hier is uniek.

Page2_16

In 2010 is Nelmari al heelwat groter toe sy en Elriza by die fort rondloop.

Page2

Op die onderste twee foto's van die vervale geboue rondom die fort waar die inwoners en werkers van die dorp gebly het.

Page3_16

En 10 jaar later die geboue mooi gerestoreer.

Eendag gaan hulle bly wees dat hierdie bietjie geskiedenis behoue gebly het.

4 comments:

retha said...

Vreemd wat mense dryf om aan iets waarde te heg of nie.

Sandra said...

Die land is so jonk Retha, ek dink nie hulle koppe kan al "ons moet dit bewaar" dink nie.

Desire Fourie said...

Die fort lyk behoorlik soos 'n sandkasteel wat 'n mens op 'n strand sal bou.
Mooi bly
Desire

Sandra said...

Desire ek dink dit is juis omdat hulle met die sand bou dat geboue nie 'n lang "rakleeftyd" het nie