Friday, October 28

Ons geniet en ervaar die dorpie

Wat presies wil julle he ons moet in Outjo kom doen was 'n vraag wat ek baie gevra het. Die antwoord vir iemand soos ek wat hou van vooruit beplan was nie eintlik bevredigend nie "kom, bring alles saam wat jy kan en dan kyk ons hoe en waar" want hier is baie om te doen. Ek het mooi op die kaart gekyk waar die dorpie is, maar niks kon ons voorberei op wat ons die afgelope week al ervaar het nie. En natuurlik moes alles in 'n kort tydjie gedoen en gebeur. Ons is vinnig in kennis gestel dat die eerste dag ons die Kanker 5 km moet stap - wat dan ook 'n geleentheid is/was om die dorpie se inwoners te ontmoet. Almal, behalwe ons natuurlik, was in pienk en ek het lanklaas soveel mense bymekaar hoor Afrikaans praat. Ek dink dat 'n groot presentasie van die dorpie se mense deelgeneem het en Elriza kon ook tydens die wedloop met van die jongmense kennis maak. Die res van die dag is op die plot deurgebring en het ons die buite wees geniet! Drummer die Great Danes moes gebad word en dit het vir groot vermaak gesorg. Hierdie ou het net heeltyd uitdrukkingloos voor hom uitgestaar en ek wonder wat hy gedink het. Wanneer hy wel weggestap het, het dit heelwat gekos om hom weer by die waterpyp uit te bring. Orals op die grond is diere en hul babatjies en selfs die poue wat Vicky hans grootgemaak het, kom kuier en eet bietjie van Drummer se kos. En het ek al gese ons geniet die buitewees en groenigheid? .... Ons geniet die buitewees, groenigheid en al die diere verskriklik. In die laatmiddag is daar selfs geleentheid om lammers bottel te gee. Ons geniet dit en sien uit na die "werk" wat die volgende dag begin.


Lekker naweek vir julle!

7 comments:

retha said...

Brawe vrou, om so onder daai groot hond se tande aan hom te trek!
Lyk darem of hy gedwee toegee.

Nelmari said...

Lyk lekker mama! Julle moet onthou om nog steeds te werk :P

William said...

Hi mom good too see all is well and your enjoying it!!

William said...

Hi mom good too see all is well and your enjoying it!!

Charmaine said...

dit lyk wonderlik julle twee en ek het lankal kom loer, maar SUKKEL met blogger. Dit lyk alles na so groot fees. Geniet julle laaste paar dae. Liefde

Sandra said...

Retha hy is so mak soos 'n lammetjie.

Ons het hard gewerk sussie!

Sandra said...

Lekker om van jou te hoor seun!

Ons het lekker gekuier maat.