Tuesday, October 4

Lekker vuil hande

Dit voel omtrent soos 'n ewigheid dat ek laas geblog het. Intussen het al ons groepe en aktiwiteite begin met die nuwe jaar wat middel September afgeskop het. Vir alles wat in ons groepe gebeur kan julle hier gaan loer. Ek het ook iewers al genoem dat ons beplan aan 'n uitreik in Namibie en met die vliegtuigkaartjies wat bespreek is, kan ons ook nou besig en opgewonde uitsien na die trippie. Nie heeltemal seker wat alles daar vir ons voorle nie, maar die hoofdoel is om te gaan uitreik in die gebiede waar veral ons kinders sukkel en om hulle van Jesus se liefde vir hulle te gaan vertel. Dan ook om te kyk na verskeie projekte waar ons jongmense in die nuwe jaar kan gaan werk. Ek dink opgewone is ligtelik gestel, dis soort van 'n afwagting ... want daar is/gaan hope geleentheid wees waar ons kan werk. Maar verseker sal julle van alles vertel word.


DSC_0008


Nelmari en Elriza het ook weer hulle pottery klasse begin en die vorige handwerk het pragtig uitgekom en word in beide huise reeds gebruik :-). Nelmari het vreeslik uitgesien om op die wiel te begin en verlede week was dit tyd.


DSC_0012


Sy het sommer gou-gou agter die tegniek gekom en gou-gou 'n silinder begin maak.


DSC_0015


'n Mens kan maar lekker vuil raak en die meisies was behoorlik vol van die klei na die tyd.


DSC_0014


Baie tevrede met wat sy regkry kan mens sommer sien.


Intussen was daar nog 'n klas en na Namibie sal ons kan sien hoe die bekers en goed lyk nadat hulle behandel en geverf is.


Geniet die week!


2 comments:

retha said...

Sien uit te hoor van waar jul oral was. En ook die pottebakers, of is dit pottebaksters, se skeppings.

Sandra said...

Ek's net so nuuskierig om hulle eindproduk te sien Retha. :-)