Monday, August 22

‘n Wonderlike geleentheid

Net so na die kuiertjie in die Kaap het ek en Nelmari 'n wonderlike geleentheid gekry om saam met Elriza en Charmaine by 'n projek in Johannesburg te help. Sonder om die hele storie te vertel .... kyk gerus hier vir die storie.


'n Pastoor in Johannesburg het 'n behoefte/nood raakgesien om 'n kleuterskool in 'n moeilike gebied te begin. Die ouers het vroeg soggens gaan werk en met die ouer boeties en sussies op skool, het 6 jariges partykeer na kleiner boeties en sussies gedurende die dag gekyk. Vir die skool het sy net 'n gebruik van 'n ou koue slaghuis kon kry en met hulp is daar later matte, stoeltjies en oa tafels aangekoop. Die plek is regtig soos 'n yskas en met die koue weer in Johannesburg het ons onsself behoorlik warm gebewe.


Page2_0


Die eerste dag het ek en Elriza met die leiers van die skool en omliggende kleuterskole gewerk en hulle oa bekendgestel aan 'n oulike boek waarmee hulle deur kleure die kinders meer van die evangelie kan leer.


Page1_0


Terwyl ons besig was het Nelmari en Charmaine vir die kleuters nuwe liedjies geleer en die volgende dag is een van die lessies ook met die kinders gedoen. Maar gaan lees gerus die hele storie.


Dit was 'n wonderlike geleentheid om te sien hoeveel passie die leiers het wat met die kinders werk en hoe hule met 'n sagte woorde en liefde nie net se nie, maar ook demonstreer dat Jesus vir elkeen van hulle lief is. Ek moet by se dat ek nog nooit 'n groep kleuters so gehoorsaam en in 'n roetine gesien het nie.


Dankie julle dat ons ook kon deelwees hiervan!


7 comments:

Paula said...

Dit is wonderlike werk!

Anonymous said...

Hoendervleis-stuff. Ek gaan gou die storie lees wat jy nie wou vertel nie. :)


PS. Hou duimvas. Ek het Woensdag 'n Skype-onderhoud vir 'n jobbie in Dubai...

Sandra said...

Dit was vir ons 'n groot blessing om daar te wees Paula.

Wou dit nie twee keer oor vertel nie :-). Sal aan jou dink vir die onderhoud Woensdag.

Sonja said...

Dit is n wonderlike idee!

Sandra said...

Dit was heerlik Sonja. Is die koue darem al beter daar by julle?

retha said...

Pray the money in their purse is being doubled every time they count it.

Sandra said...

Dankie Retha hulle het dit nodig.