Wednesday, August 3

‘n Familie vroue saamtrek

Dis altyd lekker om weer vir 'n bietjie in mens se eie land te kuier en om dinge soos koue, reen, lekker sonskyn, mooi groen (dit sluit cream soda vir Nelmari in), ocean basket, wimpy koffie, ens. te geniet. Petrol- en kospryse is natuurlik nie so 'n groot plesier nie. Om familie en vriende te sien bly ook 'n groot bonus. Ek het nie net ou-ou vriende van skooltyd opgevang nie, maar ook 'n heerlike vroue saamtrek van die familie gehad. Ons eie vroue dag.


Page1


My niggie Rene en haar dogters het reeds vroeg-vroeg alles reggemaak vir die vrouedag. Daar was 'n hoekie vir opdress, 'n hoekie waar jy kon foto's neem met ou fotos wat uitgestal is, en 'n lekkergoed hoekie.


Page2


En natuurlik die hope en hope eetgoed. Daar is baie lekker rondom hierdie eetgoedtafel gekuier en gelag.


DSC_0111


Nelmari het sommer wonderlike kontakte opgebou vir wanneer sy volgende jaar in SA swot en ek weet daar gaan goed na haar maag gekyk word :-). Ook het sy die geleentheid gehad om met haar niggies op te vang en die enigste nefie by die reunie.


Page3


Daar is vreeslik gekuier en gesels en foto's gewys van almal wat nie daar kon wees nie.


DSC_0130


Al drie die oorlewende susters en ses skoonsusters was daar en die drie tannies en een van die skoonsusters het vir ons 'n wonderlike item gelewer. Die mense het gele soos hulle lag terwyl hulle die familiegeskiedenis "ge-item" het. (Ek sal video clips op die famlieblog sit)


Page4


Behalwe die lekker eet en gesels was die groot gelag. Orals het daar gedurig 'n gelag uitgebreek en dan was mens baie nuuskierig om te weet wat daar gese is. Dis nou een ding van die klomp, hulle is nie skaam om pret te he nie.


Was 'n heerlike dag met wonderlike herinneringe. Dankie vir almal van julle wat gekom het!


(ps Sal baie van die honderde foto's op ons blog sit)


6 comments:

Ronelle said...

Dankie vir jou Sandra, vir al jou reelings vir Viljoen Vroue Reunie van Abu Dhabi af!!

Ons is regtig so bevoorreg om so 'n fantastiese familie te hê en so lekker saam te kan kuier, lag en eet!!

Oupa en Ouma Viljoen sou trots gewees het op hul nageslag..

Sien alweer uit na volgende kuier!! Dalk Februarie wanneer jy Nelmarie bring Stellenbosch toe??

Past and Present said...

Ag dit lyk tog so lekker, die kuier saam, dis 'n voorreg om so 'n groot familie te he

Mooi bly

Sandra said...

Was lekker om so saam met almal te kuier RonelLe. Ons kan altyd weer so maak. Nelmari sal Januarie in Stellenbosch moet wees :-)

Ons het baie lekker gekuier Rina!

retha said...

Wonderlik om mense-veral familie- te sien wat lekker lag.
Daai 'tannie-band' lyk vir my te oulik.

Sandra said...

En kan hulle lag Retha :-)! Ja die tannies se item was baie oulik en almal het dit so geniet.

Rene Smit said...

Sê net waar en wanneer. Ek is altyd game vir nog 'n party!!
Al die fotos was baie mooi Sandra.
Ronelle sê buite by die swembad in Januarie. Klink vir my goed