Wednesday, May 25

Watter soort kruie is dit regtig


Nou een van Nelmari se stokperdjies is beslis shop en daarom, selfs as ons net supermark toe gaan moet daar iets gekoop word. Hierdie keer was dit die oulike weggooibare krappaal vir die katte. Sy het hierdie opblaasstoel voor die tv wat die katte lief is om te knie en wanneer die stoel so stadigaan onder hulle afblaas, dan het hulle die verbaasde gesiggies wat se "ek het dit nie gedoen nie". So miskien het Nelmari gedink die krappaal sal ook goed wees vir die stoel. Natuurlik gooi mens catnip op wat die katte die krappaal nog meer sal laat gebruik .... Die sakkie catnip lyk vir my soos iets wat jou in die moeilikheid kan kry in SA, maar ons strooi bietjie oor die paal en jinne toe begin die pret vir ons en kopseer vir die katte.


Page1


Dawn as die oudste straatkat het die eer om eerste te gaan en sy het die krapblok gelek totdat sy met 'n hengse hoofpyn gesit het. Haar andersins skeelogies het sommer reguit gekyk.


Page2


Toe is dit Nelmari se kat, Pixie se beurt. William noem haar die "sosiaal wanaangepaste kat", maar die catnip het dit verander. Na haar dosis het sy sommer net orals gele en slaap. Selfs afgeval waarvoor ek te stadig was om 'n foto te neem.


Page3


Pancakes die rusige katjie wou net haar kop wegsteek en slaap. Baie nuuskierig gewees om te sien hoe die groot mannetjies straatkat Waffles gaan reageer ... maar die man het die wyfie katte goed uitgekyk en besluit van hierdie krappaal bly ek wag - ek maak nie my naam gat nie. Hy loop sulke wye draaie daarom.


DSC_0071


Die goed het die katte regtig so deurmekaar gemaak dat ek selfs twee naby mekaar kon afneem sonder dat hulle baklei. Nou wonder ek net, wat is catnip regtig. Hulle se dis 'n kruie, maar hoekom het dit so 'n effek op katte? Amper alle katspeelgoed kom met catnip... is dit regtig goed vir hulle of is dit goed vir ons omdat dit die katte besig hou?


Groete van 'n hittige Abu Dhabi


8 comments:

retha said...

Of dalk het die pakkies deurmekaar geraak met daai wat jou in die moeilikheid kan bring :-))

So, koop Nelmari dit weer of is dit terug na die opblaasstoel?

Thea said...

'n Kat is vir my 'n baie mooi dier en ek neem hulle vreeslik graag af ook, maar ek het nog nooit katte gehad nie (is allergies vir hul hare) en weet dus ook nie veel van hulle gewoontes af nie. Jy het nou egter my nuuskierigheid geprikkel oor die catnip. Ek het bietjie daaroor gaan oplees by http://www.nutrasanus.com/catnip.html en ook op Wikipedia en dit baie interessant gevind. Ook interessant hoe julle katte daarop gereageer het!

Sandra said...

Retha die opblaasstoel is vereers afgeblaas - ek dink totdat die katte gewoond is aan die nuwe. :-)

Sandra said...

Thea ek het nooit gedink dis vir menslike gebruik ook nie! Jinne weet nie of ek vir so 'n koppie "tee" sal gaan nie, netnou doen ek dieselfde as die katte en Nelmari staan reg met die kamera:-)

Thea said...

Hehehe Sandra, jy beter jou tee van nou af self maak!! Nou-nou word jy 'n proefkonyn. :-)

Sandra said...

Thea hier is mos 'n vriendin (sal nie name noem nie). Kan vir haar tee maak en die kamera byderhand hou vir 'n foto-oomblik :-)

Charmaine said...

Ja klink vir my na 'n goeie idee...catnip tee. Dalk help dit sommer vir skete en maak my maer en alles.. die katte se reaksies is kostelik.. :-))

Sandra said...

Catnip tee :-0 o jinne maat ek sal dit vir jou maak en die kamera gereed hou ;-)