Saturday, May 14

Kuns in die sand

Begin van die maand is 'n paar sandkunstenaars ingebring om te kom "sandkastele" bou. Net so vinnig soos hulle hier 'n paviljoen sal bou wat duisende kan hou vir een dag en dan na die naweek opbreek, so vinnig is 'n groot deel van die sypaadjie in 'n strand gemaak waar die ouens hulle kunswerke kon maak. Ek dink nie die "kastele" was so indrukwekkend soos die vorige keer nie, maar dit is darem nog steeds 'n kuns om sulke werk te maak.


Page1


'n "Sandberg" van gesigte.


Page2


Die groot moskee teen 'n sandduin en ander arabiese geskrifte.


Page3


Hierdie een is vir my die mooiste, een van die ou fort.


Page4


Nog kunswerke van kamele en forte. Daar was ook 'n sandhoop waar kinders hulle eie kastele kon bou en rye stalletjies wat arabiese goed verkoop het.


Toe ons 'n dag na die uitstalling by die strand stop, was die sypaadjie weer heeltemal skoon en mens kon nooit raai dat dit vol sand gele het nie.


5 comments:

Mathys Taljaard said...

Dit is regtig baie mooi! Hier is op ons strande altyd so een of twee outjies wat dit ook doen vir n donasie. Hulle verstom my altyd met hulle vermoens om iets van sand te maak.

Sandra said...

Mathys dit vat verseker baie geduld om so iets te skep.

Vlam said...

Regtig verstommend! Vergeet die kunssinnigheid, die geduld alleen verdien 'n medalje! :-)

Thea said...

As mens kan, dan kan jy!! Beeldhouers in eie reg!

Sandra said...

Ek stem Vlam ek het ongeduldig geraak om 'n gewone sandkasteel te bou :-).

Hulle is Thea en dan word hulle nogal klomp betaal om iets te skep wat afgebreek word.