Tuesday, February 22

Op die Logos Hope

Na ons lekker kuiertjie saam met die Saffers van die Logos Hope boot, het hulle ons uitgenooi om bietjie te kom loer wat op die boot gebeur en dit was heerlik.

Page6

Eers het ons saam met "gashere" vir die aand, Ockie, Lenie en Liezel geeet en mens kon bietjie van die bootvibe ook optel deur die lekker geselsies wat orals by die ander tafels aan die gang was.

Page3

'n Toer deur die boot was volgende en ek kan julle vertel dat dit beslis nie vir my is nie. Orals trappe, wat natuurlik sal help om fiks te word, maar die gangetjies en draaitjies sal my beslis die heeltyd besig hou om uit te vind waar ek nou is.

Page2

Die kamer waar alles gebeur. Paul het ons redelik ingelig oor alles wat daar gebeur en die meisies is nuuskierig om te kyk waar die "stuurman" moet loer wanneer hy parkeer.

Page4

Alles waaraan mens kan dink is op die boot en Liezel was baie opgewonde om ons die plek te wys waar al hulle opvoerings, dienste, musiekaande, flieks ens gebeur.

Die Logos Hope se leuse "touching lives with knowledge, help and hope. Hulle doel om God se liefde met almal wat die boot besoek en die gemeenskap van die lande waar hulle aandoen te deel. Een van die maniere is om te demonstreer hoe 40+ nasionaliteite saam op 'n boot in vrede, liefde en harmonie kan saambly.

Page7

Die maniere waarop hulle dit doen is om mense te help wat in armoede bly en daardeur 'n gebrek aan onderrig en mediese dienste het. Die werkers op die boot het baie projekte waar hulle help om huise te bou vir mense in rampgebiede, om medisyne en kos te voorsien en ander goed wat nodig is. Deur dit bring hulle ook die boodskap van hoop en Vader se liefde, na die mense toe.

Page1

Heel laaste het ons die boekwinkel besoek! Deur die boekwinkel versprei hulle ook kennis aan mense reg oor die wereld. Daar is regtig ietsie van alles en elkeen van ons het met 'n sak of twee boeke en cd's daar uitgestap. Net toe ek dink ek het al die cd's van my gunsteling kunstenaars ... ontdek Nelmari al die cd's van haar gunsteling kunstenaars :-). Interessant was die feit dat hulle ons vertel het - terwyl die boot in Dubai was, was die topverkoper onder die boeke die Bybel. Is dit nie amazing nie, en dit nogals in 'n moslem land. Ek kan ook noem dat die boot nie net besoek is deur westerlinge nie, maar honderde arabiere ook.

Page9

By die boekwinkel uit word daar ontdek die boot het draairoomys - iets wat mens nie sommer hier kry nie en natuurlik moet daar gekoop word. Ons kuier en eet dit sommer in 'n lekker arabiese grasafdak.

21

Dankie julle drie vir jul gasvryheid, lekker kuier en rondwys, ons jongmense het dit baie geniet en ons waardeer dit! Sterkte en blessings vir die amazing werk wat julle op en van die boot doen.

Liefde

6 comments:

retha said...

Dit kan seker moelik raak met die paralel parkering as mens nie kant spieltjies het nie )

Sandra said...

Jinne Retha ek weet net dis iets wat ek nie sal kan doen nie - ek sal die boot teen alles laat stamp :-)

Sonja said...

Wow! Dit is wonderlik! Dit moet lekker wees en anders om die boot te besoek!Wat n unieke idee.

Sandra said...

Hierdie ouens doen baie goeie werk Sonja. Was lekker om die boot te besoek.

Cecile said...

Dit moes 'n belewenis gewees het, wonderlik van mense wat hulle lewe so op offer om ander te help.

Sandra said...

Cecile hoewel die mense oorspronklik vir twee jaar moet "commit", is daar mense soos ons drie gashere vir die aand, wat al baie jare op die boot is.