Friday, February 18

Klein mensies + diere = Baie pret

Nooit te lank in die land om 'n nuwe plek te ontdek nie. Vir lankal weet ek van die nuwe kids park in die dorp, maar omdat my kindertjies al groot is, was dit nog nooit hoog op my lys nie. So verlede week toe ons 'n uitstappie vir ons kleuters moet reel, was dit tyd om te gaan kyk wat gaan daar aan en dit was 'n heerlike verrassing.

Page1

Almal behalwe twee van ons kleuters was daar en alhoewel meeste al 'n keer of wat daar was, het dit niks gedoen aan hulle geesdrif nie en selfs voor ons binne was, was dit lekker om die gesiggies en opwinding te sien.

Page2

Daar is 'n paar bosse en sakkies kos gekoop sodat hulle die diere kon voer en meeste van dit het al in die eerste ry by die apies baas gekry. Volgende keer sal ek defnitief kos hou vir die ander diere lateraan. Klein Jana was die brawe een wat toegelaat het dat hulle 'n slang om haar nek sit - kyk net daai gesiggie.... dit terwyl een van die groot mense liewers die apies dadels gevoer het, net ingeval sy ook die slang moes vashou :-).

Page3

Ek was regtig verras met al die tipe diere wat daar is - het gedink dis net plaasdiere. Die volstruis het al die kinders se kos kom eet en het vir groot pret en laggies gesorg.

Page4

Daar is klomp katsoorte en selfs 'n beer. Die wit tier het rustig aan sy ribbetjies vir ontbyt le en eet.

Page5

Die ander wit tier was duidelik klaargeeet en het bietjie gesig gewas. Omdat dit 'n kinderpark is, moet mens maar laag buk as jy van die diere wil sien en afneem. Reg voor Elriza hulle het twee leeus gele. Die bok in die regterkant trek nie gesig vir die kamera nie, hier ek ek geleer dat daar wel so 'n bokspesie is wat hulle die "Shama goat" noem en hulle kom van Syria af. Gaan google dit gerus - almal het sulke skewe gesiggies, ore wat lyk asof dit afgesny is en 'n tong wat uithang langs die bek. Dis regtig snaaks om 'n trot van hulle te sien.

DSC_0317

DSC_0283

So tussen die diere is daar hierdie mooi waterplek waar die eende en swane uithang.

DSC_0222

Die kinders kom beslis nie hiernatoe om te leer spel nie, net om met die diere te speel, want orals is daar baie snaakse woorde :-).

Page7

Nog 'n klomp diere wat die kinders vermaak en uitgeput het. EK bedoel eintlik die kinders het hulle uitgeput.

Page6

Die kinders en ons het die boomklim, sandspeel, roomys eet en interaksie met die diere verskriklik geniet. Ek sal beslis my jongste ook moet neem :-).

Lekker naweek julle!

10 comments:

Mariette. said...

Ai mens kan sien hulle het hulself baie geniet. Ons was al 'n paar keer daar en daar is altyd iets nuuts om te ondek. Jammer ons kon nie saam julle gegaan het nie, maar seuna was regtig onwel en het ons nogal groot skrik op die lyf gejaag. Maar vlgde keer is ons verseker daar....
Jy het pragtige fotos van die kindertjies geneem.

lekker daggie.

-M-

retha said...

Miskien lyk daardie bok so skeef omrede dit eintlik 'n "cheep sheep" is.
Lyk na 'n plek waar kinders dit kan geniet om buite te wees. Veral in jul warm wereld.

Jan and Miekie said...

'n Dieretuin bly maar 'n lekker plek - kinderparadys! Hoe hou die arme beer dit daar in die hitte met sy dikke jas?

Sonja said...

Dit lyk sommer lekker! Wat my opval van die plek is hoe skoon dit is! Die eende se water is helder soos swembaddens,dit is te pragtig.

Thea said...

Dis nes Miekie sê... 'n kinderparadys! Te oordeel aan die foto's en gesiggies was dit GROOT pret vir hulle! En ek kan net dink watse sêgoed daar nie alles uitgekom het nie. Dit lyk na 'n lekker plek om te besoek en die diere lyk almal baie goed versorg.

Sandra said...

Ja dit klink nogal of dit die kindertjies se uithang plek is, alhoewel hulle nie opgetree het asof dit iets oud is nie :-). Ons het lekker gekuier en ja verseker vir Christiaan gemis.

Dit kan wees Retha :-). Die kinders en ons het die buite wees vreeslik geniet

Sandra said...

Miekie die diere lyk asof hulle gelukkig is. Hier lewe hulle natuurlik met aircon anders weet ek nie hoe die ou grote met sy pels dit sou maak nie.

Die mense kan nogal mors Sonja, maar daar word agter mens skoongemaak. Die eendedam het by my ook 'n lekker skoon rustige gevoel geskep so in die middel van die ander diere.

Sandra said...

Thea die plek het my verras en die diere lyk uitstekend versorg. Ek dink al die kossies wat die kinders voer help ook nogal :-). Hulle is baie pret om saam mee te wees.

nikita said...

Sjoe, weer lekker om na die pragtige foto's te kyk en gou in te loer. Dit gaan ontsettend dol - wat werk/ens aanbetref, inloer/rondlees-tyd is maar uiters skraal/kosbaar. Ek hoop julle is darem nog veilig daar met al die "dinge" daar rondom julle!

Sandra said...

Ja Nikita dit gaan maar woes in die kookpot hier rondom ons, maar alles hier is tot dusver rustig.