Monday, January 24

Uit op ‘n leeujag

Het al 'n paar keer oor die wildpark hier in Abu Dhabi geskryf en dis altyd leker om vir die diere daar te gaan kuier.

DSC_0042

Hier is 'n paar foto'tjies wat William geneem het. Hierdie ou was nie baie lus vir mense nie .... wat 'n pragtige dier.

photo 1

Die rooi katte het maar rustig le en alles uitkyk.

photo 2

Lyk of hierdie ou koud kry - darem baie soos 'n huiskat.

DSC_0078

Hierdie tweetjies was baie lief vir mekaar. Hulle het 15 van hierdie bobbejane by iemand se villa gekry en hulle is nog ernstig besig om aan te pas.

photo 3

Is dit nie 'n oulike enetjie nie?

DSC_0092

Hierdie outjie het so gehou van kielie, hy het sommer so agteroor gele terwyl Elriza hom gekrap het.

DSC_0117

Met hierdie skilpad het ek sommer iets geleer. Hy het 'n ander een geboelie dat die bloed loop en sommer vinnig rondgeloop na 'n ander een vir nog 'n fight.

DSC_0133

Een van die wit leeus.

DSC_0136

Sy het met haar bene so teen die muur gele want dis koud van die aircon binne hulle kamer.

DSC_0140

Hierdie ou het so 'n bietjie in die middagsonnetjie gerus.

DSC_0146

William en Niel is maar versigtig terwyl hulle met die leeumannetjie kuier.

DSC_0195

Is hierdie luiperd nie pragtig nie?

Lekker om so in die woestyn bietjie uit te kom in die buitelug!

Groete hier uit 'n koeler woestyn.

3 comments:

Desia said...

Die katspesie is een-en-almal, huiskat tot mannetjiesleeu, pragtige diere!

Charmaine said...

Wanneer sal ek eendag kan gaan kyk.... dis baie mooi fotos maat.

Sandra said...

Jy dus ook 'n "kat-mens" Desia? Ek's lief vir alle diere maar die katspesie het darem iets spesiaal.

Volgende keer moet ons net 'n plan maak dat jy kan saamgaan maat