Sunday, January 30

Ons kuier in Pretoria

Behoorlik 'n vinnige heen-en-weertjie wat ek SA toe gehad het. Vakansie sal ek dit nou nie noem nie want daarvoor was daar net een daggie, maar tog was dit lekker om die reen te voel, donderweer te hoor, nuwe mense te ontmoet, met oues weer op te vang en les bes om langs die see te sit en die branders te hoor en ruik.

Die eerste "aksie" in SA was 'n werkswinkel wat ek, Charmaine en Elriza vir die jeugleiers van die Ringsjeugkommissie van Daspoort kon aanbied en watter groot blessing was dit nie. Ek het 'n klomp foto's van die geleentheid op die kindergroep blog geplaas vir hulle om af te laai, so julle kan daar ook gaan loer, maar hier in 'n kort opsomming ....

Page1

Een van die aktwititeite was worship en hier voor die mense kom oefen die twee een van die liedjies se bewegings. En nee hulle het nie probeer om die mense bang te maak of uit te koggel nie, dis net deel van die bewegings :-).


Page9

Ons het heelwat tussen-in nuwe liedjies aan hulle bekendgestel en dit sommer geoefen ook. Die leiers het onmiddelik aan die liedjies gevat en lekker saamgesing.

Page6

Die ouderdomsgroepe (dis nou die kinders waarmee hulle werk en nie die leiers nie) het ook saamgewerk om "ou" lesse bietjie op te kikker met verskillende maniere van aanbied sonder om aan die boodskap te verander.

Page10

Op die laaste dag het van die kinders ook kom saamsing en groot pret is gehad deur almal.

Page12

Na die laaste les wat gegaan het oor die reddingsboodskap het ons ook die wat die les onthou het, "beloon" met ietsie lekkers - altyd 'n goeie maniere om die boodskappe vir ons kinders oor te dra. Almal, groot en klein, oud en jonk het saamgespeel!

Dit was werklik 'n besonderse tyd saam met die groep leiers en ons is saam met hulle opgewonde oor die jaar wat voorle.

Geniet julle laaste dag van die naweek!

Liefde

2 comments:

Charmaine said...

Dit was regtig 'n baie spesiale geleentheid... So lekker om saam met julle twee te werk...

Sandra said...

Wat lekker was is die feit dat ons by hulle en hopelik hulle by ons kon leer. Wat ons drie betref, is dit lekker dat ons elkeen se "sterkpunte" die program en mekaar ondersteun ipv om al drie op een hoop te kraai :-)