In die land van uiterstes sal dit natuurlik onmoontlik wees dat hulle nie ook iets met Kersfees "sal doen" nie. En waar ons klompe jare terug nie eers 'n kersboom in die dorp kon koop nie, is dit nou orals en in elke winkelsentrum.
Die een wat die meeste kommentaar gelok het van heinde en verre is die $11 miljoen een by die Emirates Palace hotel. Jip, $11 miljoen!! Die versierings is juwele van 'n juwelierswinkel - nie so mooi soos mens dink nie. En vir die mense wat se hulle kon baie gevoed het met die geld - hierdie juwele gaan terug na die winkel toe na Nuwe Jaar.
In die huis het die diere vanjaar 'n fees (veral die straatkatte wat hulle eerste kersfees met 'n boom het). Die versierings aan die boom, strikkies en linte op die geskenke en selfs nie naamkaartjies is spesiaal vir hulle opgesit om al te haal en mee te speel. Ons het nie nodig om die huis te versier nie, die katte het hierdie taak op hulle skouers geneem vanjaar.
Gisteraand het ons gesing tydens 'n Internasionale Kersaand en hier is die kinders (twee van Charmaine s'n ook) wat 'n een liedjie in 'n swart taal en een in Afrikaans gesing het. More die 24ste is ons weer op die Baniyas eiland vir 'n kersdiens vir die mense daar en Kersdag sal ons rustig by die huis kuier.
Aan al my blogmaats en familie wat hier lees. Soos die pastoor gisteraand gese het, Kersfees is nie in 'n plek nie, maar in ons harte. 'n Baie Geseende Christusfees vir julle waar julle ookal is, en 'n Voorspoedige 2011!
4 comments:
Geseende Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar vir julle ook.
Lyk by julle is dit nie haan onder die henne nie, maar hond onder die katte.
Mag jul ook n aangename tyd beleef!
Dankie Desia ek hoop dis nie te koud daar by julle nie :-). Lekker wit kersfees!
Ja Retha ou Luie is al "haan" maar hy's baie lief vir katte en weet nie daar is veronderstel om 'n verskil te wees nie.
Regte egte bling op 'n kersboom! Miskien moet ek volgende jaar die voorbeeld volg en al my diamante, robyne en pêrels aan die takke hang. :)! Ek hou meer van jou idee om die diere as versierings te gebruik. Wat ons kersfees mooi gemaak het was die kleinkinders. Hier is ook 'n horde diere (Jolga het 10 kleintjies 17 dae oud) maar hulle en die kinders saam sou chaos veroorsaak het! Ek hoop julle het 'n rustige tydjie nou met die internasionale fees en al die dinge agter die rug. Voor Vrydag moet hier 'n horde dinge gebeur en ek raak angstig dat my eie vakansie aan die verbygaan is en ek het nog nie naastenby die helfte gedoen wat ek wou nie! (Is bv. ten minste twee "posts" ager op my blog, maar dit sal maar moet wag...)
Post a Comment