Saturday, November 20

As mens rustigheid wil he

Weet nie hoeveel van julle die Weskus ken nie? Ekself het so ‘n jaar of wat ‘n heerlike tydjie wat ek nooit sal vergeet nie in Paternoster deurgebring, ‘n plek waar ek ook as kind meer as eenkeer vakansie gehou het. Loer hier na my vorige kuier. Altyd geweet van die Natuurreservaat net langsaan, maar dit nooit self besoek nie. Met Eddie se besoek onlangs daar het hy ‘n klomp foto’s gebring en ek het gedog ek deel 'n mooi, meer onbekende deel van ons land met julle. Miskien is julle opsoek na ‘n plekkie om vakansie te hou en dis nogals nie ‘n slegte plek om die batterye te laai nie. Die vriende in Al Ain neem kennis, dis spesiaal vir julle ;-)

DSC_0144

Die Weskus Natuurreservaat en Langebaan lagoon is regtig die plek as mens wil ontspan met mooi flora en fauna, voels en see rondom jou. 'n Bietjie agtergrond geskiedenis. Van die vroegste inwoners van die omgewing was die Khoikhoi en San. Alhoewel die baai na Antonia de Saldanha vernoem is, het hy nooit hier voet aan wal gesit nie. Die eerste Europeer wat sy voete hier aan land gesit het was Vasco da Gama in 1497 vir die van julle wat nog die ou geskiedenis onthou. Die Franse het gereeld die baai besoek, maar die Nederlanders het eerste die grond geeis en vandag by Geelbek kan nog een van hulle poste gesien word.

DSC_0147

Fossiel opgrawings wat 20 miljoen jaar terug gaan is in die Nasionale Park gevind met die mees onlangse een “Eve’s footprints” wat in 1995 gevind is. Hulle het ook onlangs uitgevind dat Konstabel kop wat die hoogste punt in die reservaat is, 500 miljoen jaar terug 'n aktiewe vulkaan was.

DSC_0199

Daar is ‘n verskeidenheid van blyplekke waarvan die Duinepos chalets een is. Dis reg binne die Park en elkeen van die huisies is privaat en lyk sommer so rustig, naby die water met die mooiste voellewe en blomme orals oor die strandveld.

DSC_0262

Daar is so elf van die huisies wat tussen 4 en 6 mense kan slaap en elkeen het sy eie kombuisie, sitkame, badkamer en braaiarea. Buite is ook ‘n gemeenskaplike swembad en braai plekke.

DSC_0200

Daar is heelwat staproetes wat mens kan doen. Van ‘n kort een wat so amper 5 km lank is en waar mens oa jakkaklse, volstruise en eilande kan sien tot ‘n fietsry een van tussen 30 – 70 km Daar is ook bergfiets en twe dae staproetes wat mens deur die strandveld en see vat.

DSC_0210

Daar is verskeie wonderlike uitkykpunte in die Park. Die Seeberg wat mens op ‘n mooi dag tot by Tafelberg en die Sederberge kan sien, die Atlantiese een wat oor die oseaan kyk en Plankies baai waar daar partykeer tussen Julie en Oktober walvisse is. Ons het met ons besoek aan Paternoster in Desember heelwat walvisse sien speel in die baai en sommer naby die strand.


Page1

Daar is ongeveer 250 voelspesies in die Park. Omdat die park omring is deur die Langebaan lagoon wat ‘n Ramsar site is word die voels ook beskerm. Ek is nou nie ‘n groot voelkenner nie, maar weet darem van die flamink en pelikane


Page2

Eland, gemsbok, springbok, bontebok, wildebeeste, koedoes en zebras kom ook in die Postberg omgewing voor wat privaatgrond is, maar ‘n ooreenkoms met die park het. In die park self is daar steenbokkies, duikers en hartebees, roooikatte, wildekatte en klomp ander kleiner diertjies.

Page3

En al sien mens ook niks diere nie, is daar altyd die pragtige kleurvolle fynbos. Herken julle die elandsvy en suurvy en vygies? Die ander ken ek nie regtig nie, ek weet net dit is baie mooi.

DSC_0243

Wil jy nie in een van die chalets bly nie is die boothuise wat mens kan huur, ook ‘n opsie. Gelukkig het mens nie verskriklike vaardighede nodig nie want die boothuisee is vasgeanker.

DSC_0254

Ek weet die telefoonseine en TV is hier maar amper nie bestaande, maar lyk dit nie vir julle ook na ‘n plek waar mens rus vir die siel kan kry nie? ;-)

Geniet julle naweek!

8 comments:

Sandmensie said...

Oooooooo dit lyk so na RUS vir die siel...net wat ons ingedagte het..kom ons hoop ons gedagtes is Sy gedagtes en al die reelings val in plek.. Baie dankie Sandra!

retha said...

Veral sonder TV en phone klink dit soos regte rus.
Baie mooi daar en ook die foto's

Jan and Miekie said...

Was nog nooit in die reservaat nie, maar jou fotos is pragtig - lok 'n mens na rus en vrede. Ek was nog net twee keer op Tietiesbaai naby Paternoster en is mal oor daardie GROOT rotse. Kry nou so lus vir vakansie hou!

Paula said...

woww ..... absoluut pragtig!!!!

Sandra said...

Sandmense as julle belangstel ek het die ouens op Paternoster se kontak details. Hulle pryse was bv 'n derde van die ander prys.

Stem saam Retha. Partykeer moet mens die foon en tv afsit om na die rustigheid te "luister"

Sandra said...

Tietiesbaai is baie mooi ek stem Miekie. Dis 'n mooi deel van ons land daardie

Dit is Paula!

Thea said...

Dis beautiful daar!! Ek maak beslis 'n aantekening van Duinepos en die Weskus Nasionale Park!

Sandra said...

Ek weet sommer jy sal daar uitkom Thea :-)