Maklike antwoord as jy in SA bly, maar kindertjies wat hier in die woestyn groot word, gee dikwels ‘n ander antwoord – wat mens nie altyd kan herhaal nie - omdat gras en groen skaars is. Amptelik sou ons toer na die passiespele klaar wees, maar probleme met die visas het gemaak dat ons langer in Duitsland moes bly ... en wie sal nou met die ambassades stry ....
As julle dalkies nav die blogs gedink het ons was opgewonde met die berge en koeler weer in Garmisch-Partinkirchen moes julle ons gesien het toe ons eintlik by ons laaste bestemming Mespelbrunn in die Swartwoud aankom. Rye op rye woude en groen groen bome en heerlike nat weer. Ons wou soveel as moontlik van die omgewing en die woude kry …. sonder die swartwoudkoek!
Die eerste plek wat ons en Aula gaan soek het was die Scholss in Mespelbrunn. Ons moet ‘n entjie soontoe stap, maar geniet die omgewing verskriklik baie.
Omring met die groen heuwels en water is een van die mooiste waterkastele in die Bavaria distrik. Hierdie kasteel was nooit gedurende die 30 jaar oorlog of ander oorloe beskadig nie, dus is dit een van die min kastele wat nog in sy oorspronklike vorm is en sy oorspronklike meubels in het.
Die oudste deel van die kasteel is sy toring wat teruggaan na die 13de eeu toe. Ons is almal dit eens dat dit nie so groot en “glamarous” is soos die feetjie-kasteel nie, maar dat dit op sy besonderse manier baie “mooier” is.
Behalwe vir die meubels en stories, is dit vreeslik persoonlik want een van “voormoeders” het meeste van die vensters geskilder met die familiegeskiedenis. Orals hang daar familieportrette en baie van die ornamente vertel ‘n storie en was gebruik – nie net vir uitstal nie.
Die dogter Marie Antionette van die laaste count is nou die eienaar van die Scholss en woon nog self in ‘n deel van die kasteel. Ons het ook saam met haar tee gehad :-). Wel eintlik het ons tee by die restaurant gedrink toe sy en haar hond na ‘n tuinwandeling ook daar kom sit het. Ons is moeilik daar weg.
Piekniek in die area en hierdie keer by ‘n dorpie naby, was ook ‘n moet op ons lysie. Een van die dinge van Duitsland wat my opgeval het, is al die voorsiening wat daar vir wandel en fietsry gemaak word. By hierdie dam is daar ‘n “eend-standbeeld” (foto regs) en toe die eende ons gewaar het hulle die heelpad agter ons aangeswem en gewag vir kos. Die twee meisies het dit natuurlik geniet om die eende te voer en ewe nuuskierig het ‘n waterskilpad ook nadergeswem en sy koppie uitgesteek om te loer wat is vir ete. Ons het dit so geniet. Maar ons kon ook nie ons tyd net in die woude deurbring nie al wou ons baie graag.
Een van die dorpies wat ons besoek het was Wertheim en snaaks genoeg omdat die meisies bietjie in ‘n mall wou gaan loop :-) en eindig ons ook in die ouer deel van die dorp op. Die dorpie se geskiedenis rekords gaan terug tot 1183. Die markplein het die pragtigste “houthuise” met die Baroque Protestand kerk wat mens ook kan sien. Hierdie kerk dateer rondom die 15de eeu en die von Wertheim familie se grafstene is ook daar.
Mens kan lekker deur die huisies/winkels loop en drentel sonder die gevaar van motors en natuurlik is ‘n duitse worsbroodjie ‘n moet. Daar is ook ‘n glasmuseum op die dorpe en hierdie glasbeeld in die parkie vertel die storie van glas in die dorp.
Die dorpie is gelee waar die Tauber en Main riviere ontmoet en bo op die koppie staan die Wertheimer Burg, die kasteel van die Wertheimer familie en uitkyk. Hierdie kasteel is gedurende die 30 jaar oorlog verniel. Vandag kan mens gaan kyk en daar is ook 'n teetuin – maar dis ‘n steil bult. Selfs die jongeres tussen ons, kon nie tot regbo loop nie :-).
En nog ‘n dag ….. in die woud vir ‘n ou stappie. Ai het ek genoem dat dit mooi en groen is :-)? En Thea jy kan self dink hoe die woestyn na dit gelyk het of hoe?