Sunday, July 18

So ietsie van alles

Die dae en slapies voor ons toer wat soos 'n ewigheid ver gevoel het, is nou baie naby. Die laaste paar dae het mens maar soveel moontlik binnenshuis probeer bly want dis lekker warm en hier is so 'n kort opsomming vir die foto-joernaal.

Page1

Natuurlik in die hitte wil mens nie 'n ysskaatsvertoning mis nie en ek, Nelmari, Charmaine, Elriza en James gaan loer hoe hulle ysskaats, dans en gimnastiek op die ys kombineer.

Page2

Hierdie ouens is net ongelooflik goed en die spesiale effekte van ligte, kleur en rook was baie goed.

Page3

Mens het vir so 'n klein tydjie van die hitte vergeet.

Page1

Deel van die huis maar in 'n ander seisoen het William bietjie op Hartenbos saam met Monica en haar familie gaan kuier en die sneeu op die berge laat dit sommer koud lyk. Dankie vir Monica en haar gesin dat William so bietjie saam kon kuier.

DSC_0010

Die meisies het hulleself laat mooimaak vir die trippie .... Altyd lekker as mens dit in Afrikaans kan laat doen by iemand wat weet wat mens bedoel as jy se net bietjie korter.

Page2

Ook weer by 'n Indiense Restaurant gaan inloer vir lekker kos. Die dekor van die plekkie is baie oulik.

Die naweek wat verby is, het ons ook die jongmense uitgevat, gaan loer hier vir die storie.

Julle week begin more, sterkte daarvoor en kom loer so af en toe wat ons in Europa aanvang.

Liefde

6 comments:

Thea said...

Te oordeel aan die foto's lyk dit of dit 'n stunning ysskaatsvertoning was!! Die girls lyk alte pragtig. Wanneer vertrek julle Sandra? Ek gaan julle toer kan volg tot volgende Sondag en dan eers weer van die naweek daarna af. Gaan self ook mos eers bietjie die Kaapse weer trotseer. Julle moet dit regtig baie geniet en ek sien só uit om van alle julle ervaringe te hoor en die foto's te sien... veral dié van die suide van Frankryk en die Passiespel natuurlik. Het Saterdagaand met iemand gesels wat 'n maand gelede die Passiespel bygewoon het en sal binnekort haar video's en foto's sien.

Ronelle said...

Sien uit na jou vakansie foto's Sandra.

Ek sou wat wou gee om ook by daai oulike SA haarstilis in Dubai my hare te laat sny!! ;-)

Ronelle said...
This comment has been removed by a blog administrator.
Sandra said...

Die ysskaatsvertoning was iets besonders Thea!

Ons vertrek Woensdag so dis min slapies :-). Sal 'n volledige foto-dagboek vir my op die blog hou so jy sal alles kan sien. En wanneer ons in die suide van Frankryk is, gaan ons beslis aan jou dink.

Jy sal maar na haar toe moet kom Ronelle! :-)

retha said...

Het nog nooit gedink of daar SAers is wat sulke dienste daar sal bedryf nie. Jul het seker n winkel wat amper soos PicknPay lyk?

Sulke vertonings is mos vir ons hier heeltemal vreemd. Wat is die pink op jou bladsy 3 foto's?

Die Indiese restaurant daar lyk baie meer soos n restaurant as die hier. Watse Indier kos maak hul daar? (Noord of Suid)

Sandra said...

Retha, ons het SAffers hier wat waardevolle bydraes lewer soos oa vir ons hare of selfs tuisnywerheid. Ons groot supermarkte is maar soos P'nP ja.

Die pink kleur op foto 3 is ligte en rook :-).

Wat die Indiese restaurant betref word die kos gemaak deur Indiers en baie tradisioneel. Omdat hier baie van hulle is van oral in Indie is ek seker dit dek die hele area.