Friday, July 2

Al die kinders by die huis vir ‘n kort tydjie

Die afgelope maand was ons so gelukkig om al vier die kinders in dieselfde dorp te he. Hierdie is sommer 'n paar foto's van hulle almal saam. Natuurlik is die sokkerkoors ook hoog hier in die UAE wat sokkermal is en die Bafanna Holwegs het ook hulle deel gedoen om die span terwyl hulle nog in die kompetisie was te ondersteun.


Page3


Om 'n foto van hulle al vier te neem raak moeiliker as om 'n kleuterklassie af te neem. Hulle is hoogs aandag- of William afleibaar en het gedurig hulle eie private grappies waarvan die mamaratzi nie kennis dra nie. Arme Leane wat die nuutste lid en loshande die kortste is, kry veral swaar met die "opstel" van die foto's.


Page2


Daar is heelwat uitgeeet en met een so 'n besoek aan die Noodle house het arme Leane 'n voorgereg bestel wat in haar woorde soos "honde-kos" geproe het. Hier kan julle die verskillende gesigsuitdrukkens en die afsluk van die smaak sien.


DSC_0028


Julie is ook 'n verjaarsdagmaand van James en Charmaine se Elriza en soos gewoonlik is daar saam uitgeeet. Met Elriza se verjaarsdag is daar ge-Italiaans en almal het lekker gekuier.


Page4


Dit was minder warm en met 'n aand temperatuur van in die vroee 30 kon daar lekker gestap word na die ete.




Vir die verjaarsdae het ons die wonderlike geleentheid gehad om Lord of the Dance te gaan sien en alhoewel ons niks foto's geneem het nie, het ons dit verskriklik baie geniet.


Page1_0


James se verjaarsdag was op 'n sportdag, so daar kon niks gereel word nie. Ons het egter gaan tee en koek by hulle en alhoewel hulle sonder elektrisiteit was (net die kragproppe) het ons lekker gekuier en James kon sy vierkantige cupcake wat Leane vir hom gebak het, eet.


Page1


Die aand voordat William teruggevlieg het, het hulle die Jong Volwassenes diens bygewoon en hier kan julle sien dat ek moes sukkel om die foto's te kry. Nelmari het gerieflikheid by haar pelle gesit. Vir meer oor die bediening kan julle gerus hier


Ons mis jou hier William, maar is baie jaloers op jou koue weer.


Julle moet lekker naweek he.

8 comments:

Charmaine said...

Ek en Riza kuier net so lekker saam met jou kroos en ek MIS myne. Die geleenthede waar almal saam kan wees is baie kosbaar.

Nimsi se Blog said...

Vreeslik jaamer vir die laat wense, maar baie baie geluk aan die verjaarsdag maats. Mooi dinge bid ek julle toe vir die nuwe lewensjaar.

Paula said...

Dit lyk asof die kuier sommer baie lekker was ... mal oor jou fotos! Gelukige verjaardag wense!

Thea said...

Lyk of daar lekker gekuier en gevier is! Geluk met almal se verjaarsdae wat verby is!

Sandra, jy kry dit nog reg om foto's van hulle te neem al is dit met 'n bietjie protes... myne hou GLAD nie daarvan nie en een van hulle weier botweg!

Sonja said...

Dit lyk sommer vrolik en vol streke,die 4!

Will said...

It was nice to be back and its good I was there or else it would have been boring for the others. They need someone to keep them young.

Sandra said...

Ja maat dit gebeur maar hoogstens een keer 'n jaar ne.

Dankie Nims! Hoe gaan dit met jou en Willie?

Dankie Paula en sterkte met julle trek.

Sandra said...

Ek dink my klomp is of gewoond daaraan Thea of hulle wil my so gou as moontlik stil kry :-)

Dis waar Sonja!

Dis altyd lekker om jou by die huis te he seun. Geniet jou bonus vier daggies