Tuesday, June 15

Hittige afkoel

Die sommer is regtig met ons en dis lekker warm. As mens so verby die see ry dan lyk die blou water ernstig na 'n uitnodiging en dit help nie mens se vir die kinders dis te warm om af te koel nie. Na ernstige besprekings besluit hulle om baie vroeg in die oggend te gaan en net vir twee uur te bly.

Page1

Nadat die strand ontwikkel is, en weer afgebreek is en weer ontwikkel is, is daar nog heelwat werk aan die gang toe ek hulle aflaai met 'n sien julle oor twee uur groet.

Page1_0

Verskillende gesigsuitdrukkings in die water, maar ek kan vir 'n feit se dis nie omdat die water koud is nie :-). Hierdie tyd van die jaar is die water temp gewoonlik in die laat 20's en voel dit amper soos badwater met sout. Kyk ook na die branders van die see .... :-).

DSCF0289

Nelmari wat waarneem as mini-mamaratzi neem vir William af .... wat is onder jou voete seun?

DSCF0288

Oooo wat is dit ... 'n skulp of klippie. Lyk asof Leane dink dis laasgenoemde want sy wil amper opgewonde raak.

Ek het nie eers twee uur in die winkels gehad nie voordat my foon lui om te se hulle is nou klaar geswem dankie dis baie warm.

Geniet julle bibber weer by die huis!

12 comments:

Thea said...

Warm badwater met sout, branderlose see... klink baie lekker! Hierdie kant kry ons darem die koue verdryf met verwarmers, dik woltruie en baadjies, dik groentesop en bekers warm hot chocolate. Vandag steek jy net nie jou neus by die deur uit as dit nie nodig is nie! Jammer oor die shopping wat so gou kort geknip is Sandra! ;-)

Desia said...

Hoe verlang ek nou na 'n vakansie by die see... Dit lyk heerlik.

Sandra said...

Thea dit klink lekkerder as wat dit is, dis regtig warm en onplesierig partykeer. Wat die shopping betref leer mens net die slegte gewoonte aan om so vinnig as moontlik soveel as moontlik te koop :-)

Desia iewers tussen ons uiterste hitte en julle uiterste koue is daar 'n droom temperatuur :-)

Thea said...

Sandra, dit is só ysig koud hier dat dit regtig baie aanloklik klink maar ek glo jou goed as jy sê dat dit té warm raak. Ek kyk bv nou na julle temperatuur en sien dat dit 45 grade is. Partykeer in die Wildtuin draai die temperature in die hoë dertigs. As jy dan uit die lugverkoelde motor klim, slaan daai warm lug jou.

Wat sê die dokter toe van jou hand?

retha said...

Hoop jy kon darem n koffietjie drink voor die tyd om was.

Sandra said...

Dit het vanmiddag aan die 50's gevat Thea :-). Mens se brille wasem sommer so toe as mens buite kom.

Was vir klomp toetse vandag en probleme in beide hande/arms gevind, nou sal hulle more kyk presies wat en wanneer gaan hulle opereer.

Retha net tyd gehad om lekker koue water te koop vir almal.

Jan and Miekie said...

Dit klink na ons gym se swembad - nogal sout en louwarm. Ek kan dink dat dit nie veel sal help as dit amper 50 grade is nie! Ek kan my om die dood nie indink hoe dit moet voel nie? Hoe kry 'n mens enige iets gedoen in sulke temperature? My bril wasem ook toe, maar dis omdat dit koud is hier. Dis nou so koud dat sommige Bafana met lang moue aan speel. (Hulle is nou 0-1 teen Uruguay - ek hoop die "equaliser" kom gou!)

Sandra said...

Ai Miekie en daar verloor ons sommer behoorlik :-(. Dis nou so half sewe by ons en die temp is nogsteeds 48 - vandag was dit dodelik warm en mens wil net mooi niks doen nie.

Mariette. said...

Jip jy kan weer se mens wil niks doen nie, en dit voel asof mens net vir niks krag het nie, so ja sou dit nie lekker gewees het as die water lekker koel was nie.
Ons is juis oor so uur oppad na die strand daar by 19de toe,
-Ons moet bietjie uit kom om vars suurstof in te asem, meskien help dit die om weer vars te voel....

Lekker naweek

Cecile said...

Hi jong... ja hier kan ons nou nie die warme somers weer voel wat julle daar het nie..., maar in ons winters weer hier in Natal wil ons ok maar die see water voel al is dit koud want as ons eers terug is in Pretoria is dit -2 grade. So dink ons... :-)

Cecile.

Sandra said...

Mariette hoop julle het die strand geniet. 19de was altyd een van my favorites ook.

Julle moet jul vakansie geniet Cecile. Is dit darem warmer daar in Natal?

Nimsi se Blog said...

Sterkte met die hitte. Hoop nie die toestand met jou hande/arms is te ernstig nie. Ek kry koud maar nadat ek hier gelees het van julle temps kla ek nie!