Saturday, June 26

Boer maak 'n plan of nie

Ek onthou as kind het ek partykeer gewens jy kan net 'n ketteltjie kookwater in die see of koue swembad gooi, dat mens net kan inklim sonder die koue pyn wat jy moet ervaar. Natuurlik is dit nou nie 'n probleem waarmee ons hier in die woestyn sukkel nie en het ek al vele kere gese die seewater voel soos badwater. Vandag was een van daardie hittige dae en omdat daar nie later sou tyd wees nie, is die swembad vir 'n doop reeds vroeg opgeslaan en ingetap.

DSC_0015

By die huis gekom later het Nelmari vertel hoe warm die water reeds is en daar is besluit om dit bietjie af te koel met ysblokkies.

DSC_0017

Die ys is so koud dat mens eintlik gesig trek soos jy dit uit die sak probeer kry.

DSC_0018

Hier kan mens duidelik die ysblokkie sien oppad water toe en ... die oomblik toe dit die warm water tref is dit opgelos en weg.

DSC_0019

Ek dink nie dit 'n vreeslik gehelp nie, miskien net in mens se kop jou laat verbeel dis koeler.

Volgende keer as jy 'n kombers oor jou moet trek of 'n warm baadjie moet aantrek, wees dankbaar vir die koue weer ... iewers op 'n ander plek is daar iemand wat graag sou plekke ruil.

12 comments:

jackieo said...

Baie geluk James met jou verjaarsdag vandag - hoop ons sien darem so paar fotos van die dag ook. Julle het seker nie saam geswem nie ! Hoor julle het nie krag of water gehad nie -

Jan and Miekie said...

Sjoe, dis 'n dilemma wat ons voorwaar nie ken nie! Wens was 'n manier waarop 'n mens daardie energie (vermorsing van hitte) kon vasvang en gebruik waar dit nodig is.

retha said...

Geluk met jou seun se verjaarsdag, ons het ook gister partyjie gehou!

Siende ek in die koue sit klink warm swem water nie te erg nie, maar om te sien die blokkies ys verdwyn is te erg.

Charmaine said...

Ja, dis die tyd van bad in koue water wat al klaar te warm is vir bad en veral hare was. Die ysblokkies het meer sielkundig as fisies getroos:-)

Mariette. said...

Ek moet se die blou swembad laat die water heel lekker en uitloklik lyk, ai toggie - maar ek kan dink dat dit 'n ander storie is as mens daar wil in klim.
En dit is soos Charmaine se selfs die koue water in die kraan is al te warm.

lekker week vir julle, bly maar waar dit koel is...

groetetjies

william said...

wow that is a very clean pool:-) i guess its new . I dont think one bag will do it . You need something like a truck full. I know its HOT!! hows it not having a driver anymore?

Sandra said...

Hi Sue dankie. Ek sal in die week nog foto's van die verjaarsdag opsit. En nee ons het nie geswem nie, dit was vir 'n doopdiens :-). James en Leane was sonder elektrisiteit, ons het gelukkig nie die probleem gehad nie.

Miekie hulle is besig om so 'n selfversorgende dorp hier te ontwikkel.

Sandra said...

Dankie Retha, wie van julle het verjaar? Ek weet dis moeilik om mens in te dink dat dit te warm kan wees as mens so lekker koud kry, maar glo my dis baie keer TE warm :-)

Die kleintjies sal dit darem kan geniet maat - sulke lekker badwater. Ons sal moet seepbelle ens. kry vir die groot speel

Sandra said...

Dankie Mariette hoop dit gaan ook goed met julle so in die hitte.

Dis moeilik so sonder 'n bestuurder seun veral met die hande en HITTE ;-)

Thea said...

Hoe hard ek ook al probeer Sandra kan ek my nie julle hitte voorstel nie. Al waaraan mens in hierdie koue weer kan dink is 'n bad vol WARM water! :-) Ek neem aan die operasie is nog nie gedoen nie, of hoe Sandra??

Sandra said...

Dis waar Thea :-).

Die dr se dis beter vir herstel as ek die operasie na die vakansie laat doen - nou sal die ander maar net my tas moet sleep :-)

Sonja said...

Dit moet baie erg wees! Ek het nooit eers aan so iets gedink nie.