Monday, March 8

Waar sal jy jou kruisie trek?

Gedurende die naweek in die fliek, sien ek 'n advertensie waar mense van die UAE aangemoedig word om vir die Bu Tinah eiland te stem as een van die 7 Natuurwonders van die wereld. Iewers het ek geslaap, want ek weet nie eers van die eiland nie en moes bietjie gaan opkyk.

Page1

Hierdie eiland is sowat 130 km vanaf Abu Dhabi en baie ryk aan seelewe. Dit het eers onlangs uit 447 websites van oor die 200 lande as een van die 28 finaliste begin feature. Van die redes hoekom dit die lys gehaal het was oa: (1) die Koraal riwwe wat ondanks weersomsandighede oorleef en in die proses wetenskaplikes kans gee om dit te bestudeer. (2) die Natuurlik mangroves van tot 5 meter hoog wat sorg vir 'n uitstekende habitat vir baie seelewe. Die "Hawksbill" seeskilpad ('n bedreigde spesie) gebruik dit as hulle broeiplek. (3) Dugongs (wat's dit nou weer in Afrikaans) wat baie keer rondom die eiland opgemerk word (4) Drie soorte dolfyne wat die eiland een van hulle speelplekke maak (5) Die broeiplek van die "Ospreyes" en Socotra voels. Vir meer oor die eiland kan julle hier gaan lees.

21

Ek gaan loer toe ook gou wie is die ander kandidade voordat ek my kruisie trek en sien dit gaan 'n taamlike uitdaging wees om as een van die 7 gekies te word. Van die meedingers is die Amazon, die Swartwoud, die Cliffs of Moher wat ons in Ierland besoek het en onmiddelik vir my 'n sterk stemkandidaad word want dit was iets ongeloofliks om te sien en te beleef.

P1060193

Die Dooie See, Grand Canyon, Great Barrier Reef, Jeita Grotto in Lebanon wat ek ook die voorreg gehad het om te sien en dit was net so 'n amazing ondervinding, Jeju eiland in Korea, Kilimanjaro, Maldives, Milford NZ wat ek ook al by kon gaan loer het en my geliefde Tafelberg is almal van die kandidade.

Die stemmery is nou in fase 3 waar die kortlys van 28 op 11 November 2011 verminder word tot die 7 Natuurwonders van die wereld. Hier in die UAE het die stemwerwing vir die Bu Tinah eiland begin en daar word dhs28 miljoen (R60 miljoen) begroot om die mense aan te moedig om vir die eiland te stem? Gaan geld hier 'n rol speel? Of gaan mens stem met jou hart? Of miskien jou verstand? Jy kan ook jou kruisie gaan trek hier.

Wat ookal gekies word, elkeen van hierdie plekke is uniek, besonders en wonderlik deur ons Skepper gemaak.

Waar sal jy jou kruisie trek?

10 comments:

Ronelle said...

Tafelberg ;-)

Anonymous said...

Dis nie maklik om te kies nie en ek is duidelik nie patrioties genoeg om Tafelberg te kies nie, alhoewel dit besonders is.
Ek beplan om Jeju eiland later in die jaar te gaan besoek, want dis nie te ver van my af nie en as ek hoor hoe mense aangaan oor die plek is dit 'n moet sien, terwyl ek nog in Korea is. So dalk stem ek vir Jeju.

Sandra said...

Of dit 'n natuurwonder is of nie Ronelle, Tafelberg is beslis een van die mooistes.

Kaalvoet jy sal moet vertel van Jeju daar is gelukkig nog getyd om heeltemal van plek na plek as keuse te spring.

Desia said...

Tafelberg, natuurlik. Wens ek kon gou 'n besoek aan elkeen van die gelysde plekke bring voor stemming sluit!

retha said...

Die een goeie ding van verloorders - in die geval - mens sal daar heen kan gaan sonder om heeltemal vertrap te word deur reisigers wat na die wonders wil gaan kyk.

Ons land is seker so mooi omrede ons so ver van al die ander mooi plekke is.

Sandra said...

Dis is nogal nie 'n slegte idee nie Desia :-).

Tafelberg se toue mense is al klaar is ysliks Retha.

Desire Fourie said...

Dit was nou baie interessant, dankie vir die deel daarvan.
Mooi bly
Desire

william said...

who came up with the idea of only having 7? Its too hard to choose

Sandra said...

Plesier Desire. Waar gaan jy jou kruisie maak?

Ek stem heeltemal saam seun. Vader het hulle almal spesiaal geskep hoe kan ons kies

Charmaine said...

En een van hulle is hier naby Abu Dhabi en ons weet nie daarvan nie en kom nie daar nie? Sal mens kan gaan kyk? Ek wil met William saamstem...hoekom net 7... wat van almal...