Sunday, January 31

Wanneer is mens "te" oud?

Mamma julle is soos klein kindertjies hoor ek baie as ons "ouer" vrouens somtyds bietjie verspot is. So terloops noem ek dat dit ok is, en as ek weer verjaar gaan ek 'n kinderpartytjie he.

Page1_0

Nelmari het dit onthou en die laaste week is daar hard gewerk en geoefen vir die tannie-kinderpartytjie. Sy het die oulikste blommetjies en hoedjies en handsakkies gemaak en almal moes net gedurig proe en kyk.

Ek weet party van julle het reeds die storie op Charmaine se blog gelees, maar dis vir die ander wat dit nog nie gesien het nie.

Page1

So Saterdag het Nelmari in samewerking met my maatjie vir my 'n vroee kinderpartyjie gehou. Van die cupcakes wat Nelmari gemaak het, tot die ballonne en lekker ander eetgoed het bygedra tot die heerlike partytjie. Kyk net my verjaarsdagkoek was 'n reuse cupcake!

DSC_0007

Die maatjies het almal haarstrikkies en kroontjies gehad en het te oulik gelyk.

DSC_0015

Daar is lekker gekuier en gesels terwyl ons vir almal gewag het.

Page2

Soos met alle goeie kinderpartytjies is daar ook speletjies gespeel en die maatjies het musical chairs baie geniet. Hulle het met skelmstreke soos "ou" hande vorendag gekom om die stoele gedeps te kry en Amelia wat uiteindelik gewen het, was die voorbok. Op die foto bo-regs kan julle sien hoe sy die hele ry agter haar gehou het sodat sy die stoel eerste kan kry - nie mooi nie.

Page3

Daar was ook aktiwiteit/crafts tyd en ons moes 'n gogga/insek of ietsie maak van klompe lekkergoed en versiersuiker. Kyk net hoe hard konsentreer die maatjies terwyl hulle dit maak en let op daardie strikkies in die hare :-).

Page4

Van die eindprodukte en ek was nogal beindruk met die maatjies se vindingrykheid. Hulle self was net so trots op hulle handewerk.

Page5

Tyd vir kersies blaas (met klein Dante in die arms) en dan word daar lekker geeet aan die soetgoed en heerlike sout- en melktert! Alles my favorites! Heleen wat is die probleem?

Page6

Geskenkies en kaartjies word oopgemaak en van die maatjies is heeltemal uit hulle kassie uit. Baie verspot en baie grappies :-). En vir een of ander rede is dit altyd dieselfde mense wat stout is.

DSC_0083

Onder groot lawaai en gelag en met geen kennis van wat is links en wat is regs nie, word daar gestem vir die beste versierde insek en Mariette se skoenlappertjie wen die eerste prys!

Page7

O en ek het vergeet om te noem van die GROOT ballon wat buite op die stoep vasgemaak was! Al die maatjies skryf 'n boodskappie daarop.

Baie dankie vir die reelings Charmaine en Nelmari en dankie vir julle ander wat kom saam speel en kind wees het. Dit was heerlik!


18 comments:

Thea said...

Vir seker nie 'n partytjie wat al die maatjies gou gaan vergeet nie! Lyk na baie pret!!

Nelmari, jy't jouself oortref. Dis baie oulik al die goedjies wat jy vir die spesiale verjaarsdagmaatjie gemaak het! :-)

Hoop jy gaan 'n wonderlike dag hê Dinsdag Sandra! Vreugde, vrede en seën vir die nuwe lewensjaar.

retha said...

Geluk, Sandra
en wat n mooi partyjie.

Sandra said...

Groot pret Thea :-)! Nelmari is regtig oulik met die goed.

Dankie Retha!

Mariette said...

Hey Verjaarsdag maatjie.
Net se dit was 'n lekker partytjie met baie pret en lag.

lekker week

Charmaine said...

So bly jy het dit geniet maatjie. Die beplanning was ook pret

Sandra said...

Hi Mariettie, dankie dat jy kom saam speel het!

Ek's al klaar aan die dink vir jou verjaarsdag maat ...... dink, dink, dink wat kan die tema wees? Ooooo ek weet .....!

Heleen said...

He he he ....... dit was heerlik!!
Baie dankie vir die lekker lag gesels en verversings. Laat mens sommer vergeet hoe oud jy regtig is. Gesels van kinderdae tot grooming saloon vir mans :-))

Lekker verjaar Dinsdag Sandra
Lovies
Heleen

Sandra said...

Jy sal mos nou die mans nuuskierig maak Heleen :-).

En wie het gepraat van oud, ek het kaartjies om te wys ek's jonk jong :-). Dankie dat jy gekom het. Wil nog steeds weet wat jy en Amelia so oor gegiggel het?!

Nimsi se Blog said...

Heerlik, heerlik! Nelmari oor twee jaar moet ek my kinderpartytjie kry so ek "boek" jou nou al vooruit vir die reelings asseblief!

Sandra said...

Oor twee jaar is sy in SA Nims. Ons verjaar mos naby genoeg aan mekaar om 'n "groot" klein partytjie te hou :-)

Sonja said...

Veels geluk liewe Maatjie! En mag daar nog baie van hierdie oulike partytjies wees! Dit lyk sommer baie lekker!

eilandkind/islandchild said...

dis oulik, ek is darem bly dat niemand in die hoek moes staan vir die stoutgeit nie!
Baie geluk met jou verjaardag more Sandra! Mag jy ryklik geseend wees hierdie jaar.

Sandra said...

Baie dankie maatjie Sonja!

Dit was maar ampertjies Eilandkind of daar was maatjies in die hoekie :-). Baie dankie!

Annatjie said...

Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die nuwe jaar alles wat mooi is inhou. Geniet die dag.

Ronelle said...

Baie geluk met jou verjaarsdag Sandra!
Nelmarie, jy is baie oorspronklik..
ek is veral beindruk met daardie verjaarsdagkoek!!
En Sandra, as Nelmarie oor 2 jaar in SA is, is julle mos spoedig sak en pak terug SA toe ??!!

Sandra said...

Baie dankie Annetjie!

Jinne ou nig jy vat ook elke sin en maak dit "terug SA" toe :-). Sy sal op universiteit wees en ja ons .... wie weet, miskien?

Desire Fourie said...

Sandra, dit lyk asof dit vet pret was en 'n mens is nooit te oud nie ne ....

Veels geluk met jou Verjaardag. Hoop jy word sommer behoorlik bederf. Mag die jaar gevul wees met tonne liefde, geluk en blakende gesondheid.

Mooi bly
Desire

william said...

lucky lucky! Im so happy to see you having so much fun mommy, you really deserved it. And i hope the next coming year will be just has wonderfull as the party