Tuesday, October 25

'n Avontuur begin

Groot opgewondenheid om die uitreik na Namibia te begin en nog meer toe ons hoor dis maar 'n klein vliegtuigie wat vanaf Johannesburg af Windhoek te vlieg. 'n Maksimum van 37 en ons kan lekker uitkyk oor alles. Daar is selfs party van ons wat kans kry om aan 'n boodskap of twee te werk. Wat ons nie geweet het nie, is dat die vliegtuig eers op die besige Walvisbaai lughawe gaan land en vir 'n paar minute oorstaan voordat 7 van ons verder vlieg. Na Abu Dhabi en selfs Johannesburg lughawens is dit ons eerste indrukke van Walvisbaai s'n. Windhoek lughawe was nie veel groter nie, miskien net die grootte van die vliegtuie. Paul en Vicky kry ons op die lughawe, nadat ons eers bietjie gesukkel het om die visum stempel in ons paspoorte te kry. Ons eet lekker middagete saam met nog ander in Windhoek en toe die langpad Outjo toe. Die padmark in Outjiwarongo is toe vir die middag - nie dat ons regtig kano's wou koop nie. Laat eers in Outjo waar ons heerlik buite langs die vuurtjie kon sit en braai. Lank laas wat ons so buite kon kuier en sterrekyk ... en ons sien vreeslik uit vir wat in die volgende week voorle.


Ek deel dit gou

3 comments:

retha said...

En ek om te lees en te sien!

Charmaine said...

Dit lyk amazing.... kalerig, stillerig, maar wonderlik. Ek mis julle vreeslik en sien uit om te sien wat is volgende. Liefde

Anonymous said...

Sal graag meer wil hoor!