Thursday, June 10

'n Geskiedenis projek

Gister weer bietjie by die haarsalon gewees en dis altyd ‘n geleentheid om een van die nuwe bouprojekte so vanuit die lug te sien. Vir ‘n tydjie hou ek spesifiek die bouprojek by die wit paleis/kultuursentrum dop en nou is dit tyd om dit op my foto-dagboek te sit.
Page1
Elke keer as ons besoekers kry was dit ‘n moet om te sien en julle kan gaan loer hoe dit gelyk het hier en hier. Tydens gister se foto’s met die foon lyk dit nou so. Nou word daar gebou en die Culture Foundation lyk kaal.
Die paleis kom al ‘n lang paadjie toe dit nog as ‘n wagtoring diens gedoen het wat die seewater rondom Abu Dhabi gedurende 1761 verdedig het.

Die toring is later uitgebrei na ‘n fort toe wat in 1793 die blyplek van die heersende sheik geword het. Die huidige vorm van die fort is in 1930 gedoen en is toe ook Qasr Al-Hosn genoem wat paleis/fort beteken. Die regering van Abu Dhabi het dit nog tot in 1966 gebruik as hulle kantore.

Page1

securedownload
In 2007 het hulle planne opgetrek om die plek te ontwikkel en oop te maak vir die publiek. Hulle noem die ontwikkeling Alhosn Palace … History with Roots. En dis nou die bouwerk projek wat ek dophou .....
Tot dan moet ons maar partykeer by iemand wat 'n dhs1000 noot het loer hoe die kasteel lyk :-).
Dit klink na 'n vrolike bedrywige tyd vir almal daar in SA. Geniet die wereldbeker en ek hou saam met julle duimvas dat ons ons eerste wedstryd wen.

9 comments:

retha said...

Ek staan altyd verwonderd wanneer ek op n ou gebou afkom. Net vanoggend kyk ons hier na n foto van a gebou in Harrismith uit 1862. Hierdie is selfs nog meer uitsonderlik.

En dat daar nog plek is om te bou is bykands ongeloofbaar.

Sonja said...

Dit was baie interessant. Ek hou baie van argitektuur,en jy bly sowaar op die regte plek om van die mooiste en beste argitektuur te sien!

Thea said...

Die kontras tussen die blou van die lug en die wit geboue is treffend!

Ja Sandra, die sokkerkoors loop hoog en mens kan nie anders as om ook opgewonde te raak nie!

Sandra said...

Retha weet jy ek het nooit so daaraan gedink dat daar wel nog land in die middestad is om te bou nie ...

Hier is ongelooflike geboue Sonja en dit is 'n voorreg om dit te kan sien

Sandra said...

Ek's jaloers as ek van al die opwinding lees Thea, kan net dink hoe dit moet wees. En as ons nog dalkies more moet wen sal dit seker iets ysliks wees. Julle moet dit so geniet en vir ons ouens ver wys.

Charmaine said...

Ek is so bly hulle breek nie die kasteel af nie maat. Ek is baie nuuskierig om te sien wat die mense nou weer met stuk grond gaan aanvang. Baie interessante dinge wat wag ne.

Nimsi se Blog said...

Sjoe! Ek kom nou weer nie hier by jou weg vanmore nie Sandra... sal maar moet eendag met n "sandstormpie" daar uitwaai en self kyk!

Jan and Miekie said...

Julle bly voorwaar op 'n interessante plek met baie kontraste! Die nuwe geboue is indrukwekkend, maar die ou kasteel het soveel sjarme - die mure sou seker baie stories kon vertel. Ek hoop hulle bewaar dit en pas dit mooi op.

Sandra said...

Dit lyk darem asof dit 'n baie interessante projek gaan wees. Het jy gesien die culture foundation is toe maat?

Sal die sandstorms dophou Nims :-)

Omdat die land so jonk is Miekie is hulle nou eers besig om te begin restoreer en aan "geskiedenis" te werk Miekie