Net so 'n dag voor Will se verjaarsdag hou hulle die glow resies by sy werk en ons ry sommer na kerk om die geleentheid by te woon, want drie van ons vroue neem deel.
Verseker nie die "ouer" tannies nie, :-), maar wel die dominee en twee van ons jong mamma's.
Die meisies is reg vir die aand wedren ...
En Will is reg om die resies te begin.
Dis piknag donker en ons kan hulle nie regtig volg nie, behalwe as hulle terug is by die water naby die einde. En natuurlik is die kamera daar.
Na die resies en behalwe vir die nat klere, is daai glimlagte nog net so breed.
Die twee het heeltyd soet vir hulle mamma's gewag en speel lekker met al die gloei armbande na die tyd.
Een van die ligte by die wedren lyk soos 'n groot volstruiseier wat William vashou.
Tyd vir bietjie verspot wees ook. Ek is seker ons gaan nog 'n paar van hierdie wedrenne bywoon sodra dit begin koeler raak weer in die land.