Hulle was ses in 'n groepie by 'n dolfyn en eerste het Savanna (dis nou hulle dolfyn se naam) onder hulle hande geswem dat hulle aan haar kon vat en kennis maak.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjfBmZGT-NQZhrbWcLw1Bckvu19V1UPHwV8MiGQC_qaLeGgPXd6hIT7wZlB_hhI4uvKP-dOvYiTU7_4gfkuoXeKqCVUEueCK4bLrNaE7M8g4v7wUd7N8n-rQduQ8e4J1sgyjfR7FIWDvv8/s280/Page1_0.jpg)
Nadat almal in die groep 'n beurt gekry het, vertel die afrigter hulle bietjie meer van die dolfyne, hulle gewoontes ens.
En dan kry hulle kans om saam met die dolfyne deur die water te swem. Lyk maar asof daar lekker mondevol soutwater ingekry is :-)
So lyk mens na so 'n ondervinding ....
Aan alles kom 'n einde maar die twee luister nog ernstig wat die dolfyn-afrigter te vertelle het.
Uit die koue water onder 'n nog kouer stort en die meisies doen 'n blitsige afspoel :-)
Dit was verseker iets wat hulle nie sal vergeet nie - sal graag hulle eie kommentaar daaroor wil hoor.
Nou vir iets om te drink en dan gaan ons aansluit by die res van groep wat besig is in die waterpark.
'n Wonderlike eerste week van die 2010 vir julle almal!
WOW!!!!! Net om hierna te kyk is vir my al klaar n belewenis!
ReplyDeleteWow! se ek ook! Ek sal terugkom en wil kom video kyk! Ek's oppad... lekker week daardie kant!
ReplyDeleteOns op die strand het ook nogal so gevoel Nims.
ReplyDeleteLekker week vir jou ook Nikita. Het die skole daar by julle al begin?
Dit is fantasties en ek is groener as groen! Het darem al saam met die great whites geduik, maar hierdie lyk baie lekkerder!
ReplyDeleteDit lyk heerlik julle.
ReplyDeletewat 'n belewenis!
Kaalvoet ek weet nie of ek ooit die great whites sal aandurf nie, jy's baie braaf.
ReplyDeleteDit was verseker vir hulle Mariette.
Wat 'n belewenis! Wat 'n vakansie!! Ek dink julle het 'n vreeslik interessant lewe daardoer. Dankie vir die blog.
ReplyDeleteDie meisies het omtrent gesmile en gestraal na hul uitstappie in die water. Ek kan net dink dis iets wat mens altyd sal op 'cheer' as mens terug dink daaraan.
ReplyDeleteMiekie dit kan interessant wees, maar dit het maar sy pond of tien probleme. Die lekkerste deel is dat mens die mooiste land het om na toe terug te gaan wanneer jy hier klaar is :-).
ReplyDeleteJy sal daai foto moet laat raam seun :-). Ek sou graag wil weet of die meisies in een sin hulle ervaring kan beskryf.
Die meisies het die nuwe jaar sommer op 'n baie besonderse manier begin! Wat 'n ongelooflike ervaring moes dit nie gewees het nie!
ReplyDeleteDit lyk fantasties!! Ek wens wens wens dit was ek, ek wou dit nog altyd graag beleef het! Dit moes wonderlik gewees het! Dit is n pragtige plek!
ReplyDeleteEk wag in spanning dat hulle moet vertel hoe hulle dit ervaar het Thea :-)
ReplyDeleteDis nogal 'n besonderse "waterhuis" vir die dolfyne Sonja.
Love that video clip Riza!
ReplyDelete;-) It was certainly the most memorable experience of my short lifetime, and thank you love, I know that's the prettiest video ever taken of me and glad you can see it in action!
ReplyDeleteElriza
Skole het begin, maar ons is weer toegesneeu...skool is more toe agv sneeu! dit het so 7nm hier begin sneeu en teen 9nm was hier 'n redelike dik laag! Volgens die weer gaan hy vannag 12uur swaar val en weer more 12uur die middag en weer 3nm swaar val, dus, ek voorsien dat ons nog 'n dag na more ook tuis gaan wees. Jippieeeee!!
ReplyDeleteDit was ongelooflik lekker gewees! Al probleem is dat ek ook nou 'n dolfyntjie wil he :) Ek sal graag weer wil gaan en dan sal ek vir James saam vat dat hy oor sy vrees van visse kan kom...
ReplyDelete