Die van julle wat die blog al lank volg, ken vir klein Emily. Die afgelope twee Saterdae het ons weer 'n bietjie met haar kon kuier en het die meisiekind groot geword.
Kyk net hoe pragtig! Sy was heeltemal ok om vir 'n foto of klomp te pose.
Sy's nou 'n regte klein lady en het eers die ogies en lippies "geverf" voor ete. Haar mamma se lippe is ook geverf. Kyk net die "cool" look.
Na 'n lekker ontbyt het sy die tamatiesous of ketchup soos dit hier genoem word opgeeet. Uggg nie my idee van iets lekkers nie, maar sy het dit baie geniet.
Dankie vir die lekker kuier Emily en een van die dae as die nuwe boetie kom, kuier ons met twee van julle.
Sy is te pragtig!
ReplyDeleteAg hete, Emily het 'n regte oulike meisie geword. Kan nie glo die kleingoed word so gou groot nie ... ai die tyd wat ons net nie kan beheer nie ...
ReplyDeleteMooi bly
Sy is Sonja!
ReplyDeleteSo vinnig Desire, voel soos nou die dag dat ons haar met 'n lepeltjie probeer melk ingee het :-)
Emily is pragtig !!
ReplyDeleteJy oefen mooi vir ouma word Sandra ;-)
Ja nee, die klein meis groei soos 'n pampoen. Sy word al mooier.
ReplyDeleteOns geniet die oefening baie Ronelle :-).
ReplyDeleteEn bekkig nou maat. Maar iewers het ons iets verkeerd gedoen, sy hou dan nie van "shop" nie :-)
Sy's te prastig!! 'n Mej Wereld eendag!! Baie, baie cute, ek sal haar opvreet!
ReplyDeleteSy is regtig 'n mooie meisiekind!
ReplyDeleteOns geniet haar so Nikita!
ReplyDeleteOns voel soos oumas oor haar - sy is 'n pragige meisietjie.
Groen... gras groen!
ReplyDelete:-) ek verstaan dit Nims.
ReplyDeleteMooi dag vir jou en sterkte!