Goedkoper brandstof pryse!! Ja dis iets wat ons almal graag sal wil he. En nou in die land wat sy eie petrol het, is daar 'n ander idee aan die broei, bio-ethanol van dadels!
Hier is baie dadelbome en gemiddeld dra elke boom tussen 50 - 200 kg dadels per jaar. Dit word verkoop as gewone dadels, gevuldes met neute, gedoop in sjokolades, daar is dadelkoekies, dadelsap, dadelkonfyn, dadelmelkskommels, dadellekkers, dadelroomys, ens. ens. Noem dit en hulle het iets wat hulle met die dadels kan maak. En nog steeds is daar jaarliks 'n oorskot van tussen 50 000 - 80 000 metriee ton dadels. Dit tesame met die hoe suikerinhoud van dadels wat dit uiters geskik maak vir bio-ethanol het die idee laat ontstaan om brandstof te maak.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEh5Go7PYjPwbibJAAzeLZLITdCARqqgi8Dbo44sH3cksf3INlbIZPyUOXX8eUawaXWF13irOeQi58p2TB1QlMl_kA8v9h3ND4BsXTS1ocQRpT8jw89pzOmwQc246DffCdKWif6GZ6NJrXY/s280/03_ae_dates1_5.jpg)
En nee dis nog nie hoe ons vulstasies lyk nie, die foto het ek in die plaaslike koerant gekry. Lyk amper soos 'n afgeblaasde rugbybal.
Wat dink julle hiervan?
LOL! Ek vermoed jy voel oor dadels soos ek oor boerbokke voel!
ReplyDeleteDit klink na 'n cool idee om dadels te gebruik vir brandstof!
Oor dadels moet ek nie eers begin praat nie!
ReplyDeleteDie idee vir brandstof kan seker werk, maar ek het 'n gevoel daar sal dadels van kom :-)
Jinne, maar daai ouens is innoverend! Hulle idees is beslis nie out"dated" nie! LOL! Ek het lekker gesmile vir jou prentjie!
ReplyDeleteDankie vir die nuttelose brokkie inligting dat dadels hoe suikerinhoud het...!!!
ReplyDeleteJy's skerp Thea :-)
ReplyDeleteToemaar Ronelle die dadels wat ek stuur het nie suiker nie, net sjokolade :-)
Ag nee wat... dis nou vermorsing van goeie kos. Die behoefte aan brandstof is heeltemal te hoog dat die oortollige dadels die ding kan doen. Netnou maar is daar nie meer al die lekker dinge nie. Pleks hulle liewer 'n manier vind om van al die gemors op reuse berge ashope brandstof te maak.
ReplyDeleteDie voordeel van dadel biodiesel is natuurlik dit ruik soos dadels en nie gebrande diesel ni. So jy beter van die reuk van dadels hou!
ReplyDeleteMaat het jy gelees, daar's 'n hengse oorskot!!!! Mens kan mos maar daarvan gebruik, jy sal nie uit dadels uit hardloop nie.
ReplyDeleteOk seun nou weet ek nie of ek vir die dadelreuk of ashoopreuk wil gaan nie - daar is nie dalkies iets anders waarmee mens brandstof kan maak nie?
Neeeee!!! Ek vrek oor dadels! van klein kindertyd af - en nou Wilmie ook...stuur vir my, ek sal dit verslind! :) {dis 'n "ander" manier van brandstof...maar ai, wat 'n vermorsing van dit waarvoor ek lief is...hehe}
ReplyDeleteHaha!Se nou net hulle dink nie groen nie! Ons sal skielik nie meer dadels het om te eet nie,maar ons sal darem gesonde motors he wat soet ruik! Ek hou van die vulstasie....!!
ReplyDeleteWeet nie of mens daai oorskot vir jou kan stuur nie Nikita, maar as ek weet van iemand wat weer daardie rigting kom, stuur ek vir jou saam :-).
ReplyDeleteSonja jy moet nie dat die ouens hoor jy dink hulle "dink" groen nie, want dan hardloop die dadel idee. Weet nie of ek heeltemal in 'n motor wat "soet ruik" wil ry nie.
Genadetjie tog! Wat nog?
ReplyDeleteSe ek ook Nims. Hoe meer dae, hoe meer dinge
ReplyDeleteDit sal nogal 'n wonderwerk wees as brandstof van dadels eendag 'n realiteit kan wees.
ReplyDeleteMooi bly.
Ja Desire!!! Dan is daar minder dadels!!! :-)
ReplyDelete