Thursday, May 7

Dankbare sportjaar!

Net verlede jaar was ons almal erg bekommerd oor Nelmari se sportbesering, sy seker die meeste van almal want die dr het gese die kanse is maar tussen 30-40% dat sy weer voluit sal kan speel as hulle opereer. Soos die seuns is sport seker een van die groot redes hoekom sy skooltoe gaan :-). 'n "Risiko" besluit en baie vertroue dat die knie sal herstel is geneem en daar word besluit op 'n opbou en oefen program ipv 'n operasie. Ook 'n bietjie rustiger jaar op die sportfront met slegs twee sportsoorte ipv alles wat aangebied word help ook 'n bietjie .... en siedaar ons kan die nuwe skooljaar afsluit met 'n goeie sportjaar. Baie geluk met 'n uitstekende sportjaar sussie, ons is trots op jou. EN dankie Pappa vir die wonderlike herstel van daai knie.
ns. Ek hou nogal van die minder sport, dis baie minder veeleisend vir die ouer-taxis!

18 comments:

  1. Baie Geluk Nelmari!
    Ons is saam met jou dankbaar oor die wonderlike herstel van jou knieg!

    Nimsi

    ReplyDelete
  2. Baie geluk Nelmari! Bly saam met jou dat jy nie ge"knie"halter was deur jou besering nie. :-)

    ReplyDelete
  3. Dankie Nimsi en Thea! Jy's skerp so vroeg in die oggend ne Thea!

    ReplyDelete
  4. James en Leane7/5/09 11:01

    Baie geluk met n vreeslike suksesvolle jaar Nelmari. Ek sal mar mooi n ogie op jou knieg hou sodra ons volgende week begin oefen vir volgende jaar! :p

    ReplyDelete
  5. Nelmari baie geluk!! En voorspoed sommer ver vooruit vir volgende jaar. Jy is 'n ster.

    ReplyDelete
  6. Oefening vir daai knie sal goed wees seun :-)

    Dankie maat - ek het gedink volgende jaar sal ons dalkies 'n rus sportjaar he.

    ReplyDelete
  7. Baie geluk Nelmarie! Ons dank die Here saam met jou vir die goeie herstel van jou knie. Ons bid dat dit net beter en beter sal gaan. Baie sterkte!

    ReplyDelete
  8. Anonymous8/5/09 11:44

    Baie geluk Nelmarie!! Voorwaar 'n uitsonderlike dogter met ongelooflike deursettingsvermoë! Baie geluk aan jou ook Sandra!

    ReplyDelete
  9. Is it just me or are you getting more each year? good job sis

    ReplyDelete
  10. Dankie Miekie en Pikkie!

    Sy gaan net aan waar jy opgehou het seun :-)

    ReplyDelete
  11. Pa-tussen-die-Taliban9/5/09 03:56

    Mooi sussie, trots op jou!

    Ons kan darem al nou 'n reuse "wind charm" bou met al die medaljes wat julle drie ingesamel het, wat dink jy........vir die strandhuis!

    He, he, he!

    ReplyDelete
  12. Baie Geluk Nelmarie! Wens ek het net 'n titseltjie van al daai "ballsense" gehad!
    Geniet julle besoek na die UK volgende week, Sandra - ons sien uit na die reisbeskrywings en fotos.

    ReplyDelete
  13. Daar sal nie plek wees vir 'n wind charm tussen die hoedjies en ander goetertjies nie Eddie!

    Ons is al net so opgewonde Desia en kan nie meer wag nie. Lekker koeler weer ook om na uit te sien.

    ReplyDelete
  14. Thanks everyone!! =D
    I'm just glad I cold play this year and I'll be working hard over the summer to play again

    ReplyDelete
  15. Anonymous9/5/09 09:15

    Sandra, ek glo daar's skaars plek in jou borskas vir daai trotse moederhart! :-)
    Baie geluk, Nelmari!

    ReplyDelete
  16. Sussie, sussie, sussie, jy wat altyd my engelse woorde check, jy het 'n spelfout gemaak :-)!!!!

    Ek is boendoe, op al 3 van hulle wat die sport so geniet!

    ReplyDelete
  17. Its not my fault!!! The laptop's U key doesnt work anymore!!

    You know how to solve that!!! =D

    ReplyDelete
  18. JA ek weet sussie ons moet die rekenaar inneem vir 'n diens en
    NEE nie 'n pienk rekenaar nie

    ReplyDelete