Tuesday, December 23

Geseende Kersfees vir julle almal

Kersfees voel nie heeltemal soos Kersfees vanjaar nie, dis al asof ek sukkel om aan die gang te kom. Met die kort vakansie Nov/Des het ons nog nie 'n boom opgehad nie en vandat ons die 16de terug is, voel dit Kersfees is op ons en daar is nog niks gedoen nie...Miskien is dit ook omdat al die kinders vir die eerste keer nie by die huis gaan wees nie. James het darem 'n foto gestuur van die gemaakte kersboom (baie oulike Leane) en die kerskouse met geskenke in wat ek saamgestuur het. (Terloops daai stoel is die sitkamer). Miskien is dit omdat ek vanjaar nie regtig in die winkels loop en daai Kersgevoel kry nie. Dit kan ook wees dat ek nog erg vakansie oa met die deurwerk van die vakansie en troufoto's. Maar ons onderbreek dit nou eers .............
Die Kersboom is op en die klein baba katjie help om die versierings mooi deur die hele huis te versprei dat ons die gevoel kan kry so van hier vanaf die woestyn aan almal wat my blog lees .... 'n Baie Geseender Kersfees van ons Almal. Mag ons ook tydens hierdie spesiale Christusfees onthou dat Hy vir ons ALMAL die grootste geskenk moontlik kon gee .... ons moet dit net neem en ons s'n maak ons hoef nie eers te wag tot Kersdag nie.
Lief vir julle

19 comments:

  1. 'n Baie Geseënde Kersfees vir jou ook en jou familie! Mag julle 'n ware Christusfees ervaar. Ek geniet jou blog baie..xx

    ReplyDelete
  2. Hallo daar! Baie geseende Kersfees vir jou en die familie, gee vir almal papbek soentjies.
    Geniet die res van die vakansie.
    Lovies
    Heleen

    ReplyDelete
  3. Ag hene, die kameel is te kostig met sy kopdrag. 'n Geseende feesgety vir jou en jou familie. Groete van Desire

    ReplyDelete
  4. Welkom hier Suzaan, bly jy kuier lekker hier :-)

    Geseende Kersfees ook vir jou en jou man!

    Watse soentjies Heleen? :-) Geseende Kersfees vir jou en jou gesin ook.

    Dankie Desire ek hoop jy en jou man geniet julle vakansie daar by die Stormsrivier. Geseende Kersfees ook vir julle.

    ReplyDelete
  5. Ai Sandra, dis maar altyd moeilik na 'n lekker vakansie om weer in 'n roetine te kom! :-(

    Ek hou van jou nuwe foto's van die 007 span by Paternoster! Oulik!!

    Dankie vir jou wense en mag jy en jou gesin ook 'n baie Geseënde Kersfees hê.

    ReplyDelete
  6. Sandra, na so n heerlike vakansie sal ek ook verseker sukkel om aan die gang te kom.
    n Geseende Christusfees aan julle almal, jou boodskap is regtig so waar en treffend.
    Groete
    Nimsi

    ReplyDelete
  7. Dankie Thea ek kon skaars huishou met die 007-span maar ek sal nie kla nie, hulle het darem gestaan vir 'n foto.

    Wonderlike Kersfees vir julle!

    Nimsi dankie vir al die kuiers en Geseende Kersfees ook vir jou en jou gesin.

    ReplyDelete
  8. Hi maat, ja ek kan dink dat dit nogal 'n ding is om so oor die afstand heen in kersfees gees te kom... ek verstaan dit so goed. Maar baie liefde en seen vir julle almal.

    ReplyDelete
  9. Sandra, Nelmarie, die seuns, Pa van die huis en al die blogmaats wat hier kuier!!!

    'n Geseënde Kersfees en 'n voorspoedige nuwejaar!

    Liefde
    x x x x

    ReplyDelete
  10. 'n Gesëende Christusfees en 'n voorspoedige Nuwe Jaar vir jou en jou familie!

    ReplyDelete
  11. Sandra en al jou huismense, 'n baie, baie geseende Kersfees aan julle almal. Die afgelope jaar het jy my lewe verryk met vertellings oor julle 'close' gesinsbande. Iets waarna ek streef, en ek bewonder jou hoe jy dit alles regkry.

    ReplyDelete
  12. Sandra vir jou en jou mense 'n wonderlike Geseënde Kersfees. Ek wens julle, vreugde, blydskap en vrede toe! ♥♥♥

    ReplyDelete
  13. Muriel, Paula, Boendoe en Pikkie baie dankie vir julle wense. 'n Gessende Kersfees ook vir julle en jul gesin. Liefde

    ReplyDelete
  14. Hi Holloways, baie Geseende Kersfees vir julle almal, van James en Leane in Bloem tot by Oom Eddie en Tannie Sandra en die kroos (die aangeneemdes ook) in die woestyn... Met baie Jesus liefde. Elriza

    ReplyDelete
  15. p.s, daai arme kameel ;-)... Elriza

    ReplyDelete
  16. Geseende kersdag aan jou en die famielie! Glo julle het 'n lekker dag gehad!
    Groetetjies
    x-x

    ReplyDelete
  17. jy is te vinnig! Ek het die verkeerde knop gedruk, wou eers kyk of daar nie foto's is wat ek eers will plaas nie. Intussen het ek te veel ander dinge gedoen en nog nie weer daarby uit gekom nie.

    ReplyDelete
  18. Geseende Kersfees vir julle xx

    Dankie vir al jou stories en foto's. Geniet dit vreeslik baie!!

    Ek kuier te lekker met my kinders uit Dubai.

    ReplyDelete
  19. Dankie Elriza en dit was die kameel se eie keuse -- sien Didi het dit amper ook gedoen.

    Geniet jul kuiertjie daar in SA Mariette!

    Sien uit om die storie te lees Retha :-)

    Ronelle jy moet jou kinders geniet!

    ReplyDelete