Monday, May 13

Dit kan net hier gebeur - 24

Twee goed in hierdie land wat nogal baie geduld benodig is die mense se bestuursvernuf en parkering.  Mens moet ook daaraan dink dat so 40+ jaar het hulle net kamele gery en nou skielik stuur hulle 'n groot 4x4.  Storie oor goed wat hulle aanvang kan 'n boek of twee volmaak. 
 
935657_531803666855763_1547353099_n
 
Hierdie is nie my foto nie, maar vertel dit so mooi ... meeste van hulle wil altyd eerste of voor in die ry bestuur en altyd gereed vir 'n kortpad.  Die een het hom bietjie vasgeloop.  Wonder of hy gedink het dis 'n treinspoor vir motors?

Wednesday, May 1

Nuwe pret in Abu Dhabi

Ook seker nie heeltemal so nuut nie, dit het in Januarie oopgemaak, maar beslis iets wat die dorp nodig gehad het ... sy eie waterpark.  Ek self het nog nie daar gaan kuier nie, maar die kinders het met baie terugvoer en foto's.   

Page1
Ek hoor die souk is nie so groot soos by ander waterparke in die land nie, maar vir hulle was die park belangriker.  Self sal ek nie sommer daar koop nie, want dis lekker duur, maar met die paar winkels en 'n eetplek of drie is jy gehelp deur die dag.  
Page2

Die waterpret is egter 'n perd van 'n ander kleur want hulle was mal daaroor.  43 verskillende ritte, op 4 verskillende moeilikheids vlakke het beteken dat hulle nie halfpad deur alles gekom het nie, en moet daar weer gegaan word. 

DSCF1858

Van bo een van die ritte kan mens ver sien.  Die rooi dag gebou is die Ferrari World waar die vinnigste rollercoaster ter wereld is en die wit dakkies regs is die Grand Prix baan.  Behalwe vir daai stukkie sand wat julle sien, lyk dit soos 'n woestyn?   

Page3
Nog van die ritte.  Al probleem wat mens ondervind is die lang toue want almal wil in die hitte gaan afkoel en wat kan lekkerder as 'n waterpark wees.  Maar as jy jou dag goed beplan en daar nie skoolbusse kinders of toeriste is nie, kan dit 'n heerlike dag van pret en plesier wees.  Mens kan natuurlik VIP kaartjies ook koop dat jy nie in die rye hoef te staan nie. 

Ek sal maar self ook moet gaan kyk hoe dit daar lyk.