Saturday, June 26

Boer maak 'n plan of nie

Ek onthou as kind het ek partykeer gewens jy kan net 'n ketteltjie kookwater in die see of koue swembad gooi, dat mens net kan inklim sonder die koue pyn wat jy moet ervaar. Natuurlik is dit nou nie 'n probleem waarmee ons hier in die woestyn sukkel nie en het ek al vele kere gese die seewater voel soos badwater. Vandag was een van daardie hittige dae en omdat daar nie later sou tyd wees nie, is die swembad vir 'n doop reeds vroeg opgeslaan en ingetap.

DSC_0015

By die huis gekom later het Nelmari vertel hoe warm die water reeds is en daar is besluit om dit bietjie af te koel met ysblokkies.

DSC_0017

Die ys is so koud dat mens eintlik gesig trek soos jy dit uit die sak probeer kry.

DSC_0018

Hier kan mens duidelik die ysblokkie sien oppad water toe en ... die oomblik toe dit die warm water tref is dit opgelos en weg.

DSC_0019

Ek dink nie dit 'n vreeslik gehelp nie, miskien net in mens se kop jou laat verbeel dis koeler.

Volgende keer as jy 'n kombers oor jou moet trek of 'n warm baadjie moet aantrek, wees dankbaar vir die koue weer ... iewers op 'n ander plek is daar iemand wat graag sou plekke ruil.

Sunday, June 20

Waterponie sports

Ons "kla" oor die hitte van die see, maar tog is dit een van die plekke waar daar 'n effense windjie is om dit koeler te maak. Die kinders het 'n paar eilande gaan "verken" op jetski's die keer.

DSC_0473

Die jetski's reg om te vertrek.

DSC_0487

Besluite, besluite, besluit ... wie bestuur en wie neem foto's.

DSC_0491

En daar gaan William en Nelmari ....

DSC_0495

En James en Leane.

DSC_0498

Eilande hier kom ons.

DSCF0310

Abu Dhabi in die agtergrond.

Page1

Die eiland is van alle kante gesien. Vir julle ouens wat die dorp ken, hierdie gebou vlnr is: bo - die nuwe hotel in die ou Khaliday Palace hotel se plek, die villas naby Marina Mall, onder - die nuwe hotel oorkant die Emirates Palace en die agterkant van die sheikh se paleis.

DSCF0314

James en Leane raak eintlik klein soos hulle jaag.

DSCF0321

Skoon windverwaai.

DSCF0570

Nelmari en William - volgende keer wil sy asb op haar eie jetski wees se Nelmari want om saam met "toertjie-William" te ry is nie fun nie. Ek sou gedink het dit is :-).

DSCF0330

So lyk mens se hare as jy in die wind op die see met 'n jetski rondjaag.

DSCF0331

James het selfs 'n paar hare in die lig.

DSC_0501

En dan is die lekker verby .... terug na die hitte

Geniet julle laaste dag van die naweek!

Tuesday, June 15

Hittige afkoel

Die sommer is regtig met ons en dis lekker warm. As mens so verby die see ry dan lyk die blou water ernstig na 'n uitnodiging en dit help nie mens se vir die kinders dis te warm om af te koel nie. Na ernstige besprekings besluit hulle om baie vroeg in die oggend te gaan en net vir twee uur te bly.

Page1

Nadat die strand ontwikkel is, en weer afgebreek is en weer ontwikkel is, is daar nog heelwat werk aan die gang toe ek hulle aflaai met 'n sien julle oor twee uur groet.

Page1_0

Verskillende gesigsuitdrukkings in die water, maar ek kan vir 'n feit se dis nie omdat die water koud is nie :-). Hierdie tyd van die jaar is die water temp gewoonlik in die laat 20's en voel dit amper soos badwater met sout. Kyk ook na die branders van die see .... :-).

DSCF0289

Nelmari wat waarneem as mini-mamaratzi neem vir William af .... wat is onder jou voete seun?

DSCF0288

Oooo wat is dit ... 'n skulp of klippie. Lyk asof Leane dink dis laasgenoemde want sy wil amper opgewonde raak.

Ek het nie eers twee uur in die winkels gehad nie voordat my foon lui om te se hulle is nou klaar geswem dankie dis baie warm.

Geniet julle bibber weer by die huis!

Thursday, June 10

'n Geskiedenis projek

Gister weer bietjie by die haarsalon gewees en dis altyd ‘n geleentheid om een van die nuwe bouprojekte so vanuit die lug te sien. Vir ‘n tydjie hou ek spesifiek die bouprojek by die wit paleis/kultuursentrum dop en nou is dit tyd om dit op my foto-dagboek te sit.
Page1
Elke keer as ons besoekers kry was dit ‘n moet om te sien en julle kan gaan loer hoe dit gelyk het hier en hier. Tydens gister se foto’s met die foon lyk dit nou so. Nou word daar gebou en die Culture Foundation lyk kaal.
Die paleis kom al ‘n lang paadjie toe dit nog as ‘n wagtoring diens gedoen het wat die seewater rondom Abu Dhabi gedurende 1761 verdedig het.

Die toring is later uitgebrei na ‘n fort toe wat in 1793 die blyplek van die heersende sheik geword het. Die huidige vorm van die fort is in 1930 gedoen en is toe ook Qasr Al-Hosn genoem wat paleis/fort beteken. Die regering van Abu Dhabi het dit nog tot in 1966 gebruik as hulle kantore.

Page1

securedownload
In 2007 het hulle planne opgetrek om die plek te ontwikkel en oop te maak vir die publiek. Hulle noem die ontwikkeling Alhosn Palace … History with Roots. En dis nou die bouwerk projek wat ek dophou .....
Tot dan moet ons maar partykeer by iemand wat 'n dhs1000 noot het loer hoe die kasteel lyk :-).
Dit klink na 'n vrolike bedrywige tyd vir almal daar in SA. Geniet die wereldbeker en ek hou saam met julle duimvas dat ons ons eerste wedstryd wen.

Friday, June 4

Maanlig vervang die sonlig

Die lenteweer is besig om erg spoed op te tel en die veertig grade word baie meer as wat nodig is bereik. Dit beteken dat baie goed wat "normaal" in die kort winter is, nou heeltemal taboe is of as jy dit doen heeltmal stupid is.

DSCF0506

In Desember het ek vertel van die kinders wat om die eiland gaan kayak het en so 'n maand of wat terug van die tieners wat gaan kayak en oorslaap het. Nou is dit te warm maar die jong volwassenes wou ook kayak so ...... moonlight kayak hier kom ons.

DSC_0214

Dis amper 7 uur in die aand toe hulle opgewonde bymekaarkom vir die paar uur in die donker onder die maanlig.

DSC_0216

Dis amper stormsterkte see met die wind wat branders maak :-) met Abu Dhabi op die agtergrond.

DSC_0224

Baadjies word aangetrek en hulle luister ernstig wat gepraat word.

DSC_0228

Met die maan wat nou reg is om die lig te verskaf, is hul reg om te gaan...

DSC_0239

William is hierdie keer op sy eie kayak.

DSC_0255

Met die terugkom, kon ons die groepie ver hoor aankom en blykbaar is daar vir 'n paar van hulle gese dat die nagstilte ook mooi is :-). Wat ookal, hulle het dit geniet en die pizza en fliek pogings daarna was nie heeltemal suksesvol nie. Blykbaar was daar 'n paar wat nie kon oe oophou tydens die fliek nie.

Die wie se naweek vandag begin, geniet!