Monday, June 29

Oui, wii, wee wat jy dit ook wil noem

En alhoewel dit alles dieselfde klink, beteken al drie ietsie anders. Die euwel van 'n wii het so 'n tydjie terug in ons huis sy verskyning gemaak. Kinders word mos deesdae met 'n kennis van elektroniese tegnologie gebore en ons oues van dae verstaan niks nie en nadat hulle binne 'n uur of so die wii onder die knie gehad het, moes ek en arme Charmaine ook deur die masjien getoets word. (Die uitslae bly natuurlik baie privaat).


Page2


Die van julle wat nie die wii ken nie, dis soos 'n playstation of x-box maar mens kan nie passief sit en speel nie, jy moet dit self doen en terwyl jy speel, oefen dit al jou spiere waarvan jy geweet het of nie geweet het nie. Mens kan verskeie oefeninge of speletjies speel en die masjien onthou alles soos 'n olifant. Na 'n klomp weke het ek en Charmaine van dit vergeet totdat die verbrande masjien begin vra het of die kinders ons dalkies iewers gesien het, want ons het lanklaas geoefen :-) en nou die laaste paar dae staan ek en Charmaine en jy ouboet (wat op vakansie) is, en slaap wanneer ons op die skerm verskyn. Sien prentjie regs bo.


Page4


Nelmari doen bykans elke dag een of twee keer oefeninge en speel ook speletjies.


Page1


Elriza is ook voorgestel aan die masjien en sy het omtrent ge-hoelahoop en joga gedoen


Page1


William daag weer die instrukteur uit met push-ups en dan boks hy ook graag om die bolyf te ontwikkel.


Page5


Mens kan ook twee saamspeel aan verskeie speletjies en hier is Nelmari en Elriza besig met 'n tennis dubbelspel.


Gelukkig 'n "gesonde" manier om tyd binne die huis en uit die hitte besig te wees. En maat, aangesien die masjien ons nie vergeet nie en ons name nou krater maak, sal ons seker weer voor hom moet kom staan :-).

Friday, June 26

Verjaarsdae ver en uit die lug

Daar was 'n liedjie wat jy altyd gesing het toe jy klein was Duifie en ek kan nie al die woorde onthou nie, miskien ken iemand dit.

Dit het so begin: "Vandag is jou verjaarsdag en jy's .... jaar oud, en as jy weer verjaar dan is jy .... jaar oud." die res kan ek nie meer onthou nie MAAR

Dis vandag jou verjaarsdag seun!! Baie geluk en ons wens jou net die mooiste toe vir die opwindende jaar wat voorle! Geniet die dag daar in Onrus saam met Leane (wie se beurt is dit vir storie en foto's?). Ons het sommer vir jou verjaarsdag gaan uiteet solank :-)


Die Marina Mall is 'n tydjie nadat ons gekom het eers gebou, en so het ons die verskillende fases gesien ... Eerste die mall, toe nog meer mall, toe die toring, toe Centre Point, en nog steeds is dit nie klaar nie - maar gisteraand het ons die laaste fase wat ons nog nie ervaar het nie probeer - die draaiende restaurant aan die bo-punt van die toring.

Page2

Ek kan noem dat ons vir baie maande gespekuleer het wat daai toring moontlik kan wees. Die geleentheid .... Elriza (Charmaine se dogter) se verjaarsdag. Natuurlik sou ons James s'n ook saam soos vorige jare gevier het, maar hy is nie hier nie, dus het ons later weer 'n geleentheid om te gaan.

Page3

Ons het nog ligdag gegaan en die uitsig was ongelooflik, mens kon ver oor die dorp uitkyk in alle rigtings en sommer sien dat Abu Dhabi net 'n eiland is. Dit kan ook nie anders nie want ons sit so 126 meter hoog (rondom 55 verdiepings) in die lug terwyl ons stadig in die rondte draai en op Abu Dhabi uitkyk. Dit neem so 90 min om een keer regom te gaan en ons het dit in die lig en donker gesien :-)

Page1

Dis kos was uit die boonste rakke. Blykbaar het die chef al baie kompetisies gewen. Die verskeidenheid is nie groot nie, maar wat daar is was heerlik en smaaklik. Ons was maar bietjie skepties oor die duur restaurant, maar was heerlik verras. In vergelyking met van ons ander gunsteling restaurante was hierdie een baie gemiddeld en bekostigbaar. (Mens skakel dit net nie oor na 'n ander geldeenheid toe nie, mens werk op AD koste.

Page4

Dis beslis 'n plek wat ons weer sal besoek en besoekers na toe sal bring en aan die glimlagte kan jy sien dat almal dit geniet het. O en indien julle wonder ... Charmaine voer net een of ander "bloes-ritueel" uit :-).

Page5

Maar die fokus was op die verjaarsdagmeisie, veral toe daar 'n bos rooi rose van haar jongman by die restaurant afgelewer word. Die afrit met die hysbak was net so besonders met die liggies wat ver gesien kan word.


Wednesday, June 24

Wat kan help in die hitte

Dis bloedig warm en die herinnering aan die koue van Ierland en Skotland doodgebrand. Op hierdie stadium het ons ook nie die luuksheid van 'n heerlike koue aircon nie, maintenance daag ook nie op nie en ek weet vir 'n feit dat 'vet nie uitbraai nie". Met al my oumenskwale het hierdie hitte my lam. 'n Paar interessante dinge wat hier is wat ons nie sommer by die huis kry nie. Die een sal nogal gewild wees by die shoppers. Sou jy 'n "behoefte" he aan oefening en meer spesifiek stap, kan jy by 'n mall in Abu Dhabi en van die mails in Dubai by die walkers klub aansluit. Dit geskied vroeg oggend in die malls en nadat jy opgewarm het kan jy met die spoed van witwaks deur die lugversorgde mall loop en oefen terwyl jy kyk waar jy later wil kom shop. Mens kan selfs na die lopery by M&B stop vir tee en koek :-). Die ander nuutjie in Abu Dhabi, (Dubai het dit al 'n tydjie) is die nuwe aircon bushaltes waar jy lekker in koelweer kan wag vir die bus. Daar is 'n roetekaart en alles binne-in .... maar soos baie aircons in die dorp werk dit nie en staan mens liewers buite onder 'n sambreel en braai. As dit gewerk het kon ek selfs bus gaan ry het om bietjie af te koel :-). Hierdie lapdoeke is een van die lekkerste gadgets vir die hitte. Mens dra dit soos suigpille in jou handsak en wanneer jy 'n natlappie nodig het, gooi jy water op, dit swel heeltemal uit en word 'n lekker groot lappie vir sweet of hande afvee. Baie handig vir veral mamma's met kleintjies. Is dit nie oulik nie?


Vir my help alles niks .... dis waaaaarrrrrmmmm!!!

Sunday, June 21

I love you, …..

Wie van julle ken nie die oorbekende liedjie van Barney nie? Die pers dinosaurus wat so die kinders se verbeelding aangryp en hulle in 'n verbeeldingswereld lewenslessies leer. Wel, die bekende ster het Abu Dhabi gedurende die naweek besoek en ons het saam met klein Emily na die vertoning gaan kyk. Jennifer het ongelukkig reeds kaartjies bespreek vir 'n ander dag.

Page2

Alhoewel Emily reeds geweet het wat ons gaan kyk, was sy nogtans oorweldig deur die groot ballon Barney en al die kinders, party in Barney kostuums, met Barney poppe ens.

Page3

Maar toe Barney op verhoog verskyn kon ons nie eers haar aandag vir 'n foto kry nie., sy was in Barney se wereld. Sy het hom en die ander dopgehou en saam hande geklap met die liedjies.

Page1_0

Die storie het gegaan oor 'n Koning wat sy kroon verloor het en Barney wat die kroon terug neem na die kasteel toe. Die kinders het aan sy lippe gehang en dit was so oulik om te sien hoe die kinders, mamma's en selfs party pappa's saam sing en opgewonde hande klap

Page2_0

Saam met Emily het ek ook my klein dogtertjie Nelmari geneem, Charmaine haar dogtertjie Elriza en haar broer en skoonhus hulle kleinding Alesia.

Page1

Dit was eers na die vertoning en roomys dat Emily vir die kamera begin glimlag het. Almal van ons, groot en klein het dit geniet om na die groot vet pers dinosaurus te kyk .... Nou moet die toekomstige mamma's en ouma's bietjie die woorde van die liedjies ook gaan leer vir eendag!


Friday, June 19

Rokkies wil hul dra ......

Met ons onlangse reis was die seuns se versoek "bring vir ons 'n skotse rok saam" - dus het ek alle reg nadat ek swaar aan die rokke gedra het, om te vra dat hulle dit moet aanpas en wys.

Page1

Die manne is groot sports en selfs met die rokke aan kom elkeen se persoonlikheid uit. Kan bysit dat daar lank in die kamer gekoukus is voordat die manne kom wys het. Met kommentaar soos "dis moeilik om trappe te klim met 'n rok" kom ons eintlik by die "pose" uit.

Page2

Daar is sekere gerugte oor die dra van die rok en James maak seker William is "reg" aangetrek. Hyself gee 'n regte "macMonroe" pose en William skrik hom oorhoeks!

Dankie seuns dat julle sulke goeie sports was al het julle goed geweet die kamera gaan rol. En sien ek het my belofte nagekom en nie AL die foto's opgesit nie :-)!

Wednesday, June 17

Lelik …. lyk dit so?

Die vakansie is 3 daggies oud en Nelmari kom skoon in paniek vertel sy hoor een van die klein katjies en hy/sy huil vreeslik en sy's bang hulle maak die katjies seer. Agtergrond - Die van julle wat my blog volg sal weet dat ons klein babatjies in die erf gehad het en weens veiligheid het die mamma hulle ieewrs geneem en ons het hulle nog nie weer gesien nie. Om 'n vreeslike lang storie kort te hou, gaan vertel sy vir die Arabiese buurman haar katjie het oor die muur gespring en gaan haal sy die dingetjie iewers tussen of in 'n blombak uit.

Page1

Dis toe nie een van die drie verlore katjies nie, maar heeltemal 'n ander wilde verskrikte enetjie. Maar dit vat net 'n uur of so en die katjie is tuis in die huis asof sy daar gebore en grootgemaak is. Dis die lelikste dingetjie wat ek nog gesien het met die gemmerkat wat so effens orals wil deurbreek. Sy kry 'n blitskursus in sandbak gebruik, drink, eet en liefde en sy geniet dit.

Nelmari word met groot ogies gevolg asof sy die nuwe mamma is en ek probeer net keer dat daar 'n "bonding" plaasvind want ons kan nie nog 'n kat in die huis nie. Nou vir die soektog om vir haar huis te kry want feline friends het nie plek nie en die veearts sit hulle net aan die slaap.

DSC_0038

Ek's seker met hierdie lelike gesiggie kan meer mense as haar mamma haar liefhe.

Ek hoop baba-katjie opleiding is nie deel van Nelmari se somer-vakansie projekte nie.


Monday, June 15

Anderste inkopies

Met Eddie se laaste twee besoeke aan Afghanistan vra ek mooi foto's en vir een of ander rede dink hy winkels sal my belangstelling wees. Julle weet mos ekself "shop" bitter min maar ek hou daarvan om ander af te neem as hulle shop :-). Maar hier is die foto's van die winkels daar en miskien inspireer dit julle om te gaan inkopies doen of saam met my dankbaar te wees vir die winkels wat ons het.

Page1

Die man dra sy winkel na waar hy wil besigheid maak en saam met 'n klomp ander takke is dit defnitief die plek om te gaan sonbrille koop. Tussen die grys en vaal is daar ook mooi kleurvolle ballonne - ek wonder net hoe lank hulle opgeblaas gaan bly.

Page2

Ek weet nie hoe sterk die mense is om "pitte" te koop nie, maar die vlerk-kliente kan beslis nie wag vir iemand om sy inkopies te laat val nie. Kyk net al die winkels so by die waterfront! Aghan Spinneys - hier in Abu Dhabi is Spinneys "die" winkel vir expats waar mens alles van die huis af kan kry. Wonder wat mens alles hier kan koop.

Page3

Na-ure inkopies ook sterk in verligte winkels en vleis is baie vars. Waarnatoe die vroue hierdie klere dra weet ek nie, maar dit kan hulle laat goed voel en as jy moeg is, 'n klein straatkafeetjie onder die boom.

Page4

Maar daar is nog ander mooi goed in Afghanistan en tussen al die aanvalle en bomme is probeer die land stadig weer op sy voete kom.

Page6

Ek wou darem sien hoe die land ook lyk en hierdie drie pragtige foto's op die internet gekry. Elke land het darem sy unieke natuurskoon en wys net dat ons Vader Skep goed - dis net mense wat dit opmors.

Friday, June 12

Die aftel begin …..

Wie van julle onthou toe die kinders klein was en die skoolvakansie breek aan. Vir dae word die dae afgetel na die vakansie en dan .... na die eerste dag of miskien die derde begin die "wanneer begin die skool weer"? Die ou mense het altyd gese moenie julle lewe so omwens nie. Wel, hier in die woestyn werk dit half andersom - die arabiere werk nie verniet van regs na links ipv links na regs nie.

Die skole het gister "gesluit" vir die skoolvakansie en nou le daar 79 dae van vakansie voor! Idees soos lekker swem of langs die strand le is bv nie eers uitvoerbaar nie want dis hittig en hoe hou mens nou 'n tiener "besig"? Sy het haar eie idees en wil natuurlik weggaan vir 'n dag of 4 na een of ander plek, maar of dit sal gebeur is heeltemal 'n ander storie en meer as een brug om oor te kom.

Page3

Die begin van die week is ek by die skool rond en sien weer die muur langs die trappe wat versier is met kinderhande van verskillende lande. Daar is 41 nasionaliteite in ons skool Ek stop so by elke Suid-Afrikaanse hand om te sien hoe die kinders 'huis' mis.

Van naderby sien ek braaivleis, sonskyn, rugby en afrikaans is hoog op die lys en ek dink daaraan dat al daai goed kry hulle hier ook: braaivleis - nie so baie as by die huis nie weens die hitte, maar daar word gebraai!; sonskyn - griet hier is daar meer as geniet sonskyn ons kan dit blik; rugby - ons kyk DSTV en daar is rugbyklubs alhoewel dit nie by die skole gespeel word nie en laaste en vir my die belangrikste van die vier is Afrikaans - en ek wonder of die kinders besef hoe geseend hulle is om hier in die vreemde met ander maats in hulle taal te kan praat.


Page4

Ek hoop hierdie oudjies gaan 'n veilige en lekker vakansie by die huis he! Ek ruil bietjie seuns vir 'n maand met William wat kom kuier en James wat in SA gaan kuier en ek sien baie uit daarna om jou hier te he seun! Ek weet sy shopping lys gaan lank wees, dus sal ons darem 'n deel van die 79 dae in die mall deurbring en dit gaan maar swaar op die sak wees.

Spaar 'n ou gedagtetjie vir al ons ouers wat hier in die hittige somer die kinders na dag 3 moet besig hou terwyl ons die dae aftel :-)

Wednesday, June 10

Laaste stuiptrekkings van die jaar

Dit hitte tel nou lekker op soos julle in die kantlyn sal sien en almal het hierdie einde van die jaar lam-ek-het-nou-genoeg-van-die-jaar gevoel. Stadigaand het dinge begin afsluit vir die jaar en so is dit ook met die skool. Ampertjies, ampertjies einde van die jaar skoolvakansie. 'n Skool tradisie wat 'n paar jaar terug begin is, is die einde van die jaar sportwedstryde teen die onderwysers en vir 'n paar dae al het ek gehoor hoe onregverdig dit is want die onnies kan oefen en hulle nie. Vanjaar moes ek die Varsity en "Onnie" span ondersteun!

Page3

Die juffrouens was alreeds lekker moeg na die opwarming toe hulle bottels water afsluk, maar met die begin van die wedstryd het ek gesien hierdie is een van die dogters se moeilikste wedstryde van die seisoen, want die skeidsregter sien net geel vir foute en die onnies speel die meisie ipv die bal - weet nie wie hulle afrigter was nie. Daar is darem tyd om vir die lastige kamera ook te glimlag.

Page4

Die dogters werk hard vir elke punt en dis nie sommer oorloop wedstryd nie. Die arme juffrouens roteer mekaar elke keer as hulle uitasem raak en dis nogal baie. Nelmari kry kans om 'n paar doele te skiet en as die 3 lang Suid-Afrikaners die agterhoede dek is daar min onnies wat kan deurkom, al gebruik hulle arms en bene.

Page6

Dit verg elke bietjie taktiek bespreek en die juffrouens begin moeg raak. Sit sommer so net daar waar hulle val die wedstryd en kyk. James wat later speel kyk net rustig terwyl daar genoeg Suid-Afrikaners in die span is om 'n springbok-toeskouer te regverdig.

Page5

Met die toeskouers wat duidelik aan die kinders se kant is wen ons dogters die wedstryd redelik gemaklik. Groot glimlagte aan die einde van die dag vir 'n wedstryd in 'n lekker gees gespeel! Geluk meisies vir die goeie afsluit van die seisoen, lekker rus en ons sien uit na 'n goeie nuwe seisoen!!

Page1

Die seun aan die ander kant teen die mansonnies was 'n riller want die seuns is yslik lank en van die onnies maar kort. (Seunsspan die manne met die blou) Ek moes lag op 'n stadium staan een van die kort menere langs een van die lang seuns en die aanmerking van die kantlyn aan die onnie is "Come on ...., use your height" Die skoolhoof wys dat die leeus op hul neus gaan kry maar dis net wensdenkery.

Page2

Die toeskouers sit op die punte van hulle stoele want die onnies loop amper heeltyd met twee punte voor (ek dink die tellinghouer het so hier en daar gehelp) en in die laaste 5 sekondes van die wedstryd teken die seuns die doel aan om die wedstryd gelykop te laat eindig. Die "ou" manne was lekker moeg :-).

Sunday, June 7

Nuus van die blomme hoofstad

Om mens se neus en kamera op die grond te hou en stories te kry sodat dit "gedagboek" kan word is nie altyd maklik nie. As van die kinders nog in Suid-Afrika sit is dit nog moeiliker. William het vir sy verjaarsdag gaan paintball en my "korrespondent" in Bloemfontein het hierdie beriggie deurgestuur.

Page1

Aangesien ek en my vriendin, Elra, te "chicken" was om te speel het ons maar besluit om fotograaf en assistent te speel.

Page2

Nie lank nie of ons het besef dat dit maar 'n wyse besluit was om eerder te kyk hoe William, Tessa, Jacques en sy meisie die oorlog begin.


Page5

Natuurlik kan 'n mens ook nie ongeskend uit 'n oorlog uit kom nie... Tessa was die eerste slagoffer met n balletjie wat haar net onder die gesigskerm tref en toe later ook 'n baie pynvolle een op die kop.


Page4

Na die geval het die meisies maar besluit om uit te sit sodat die ouens, al klaar baie warm en bietjie moeg, verder kan speel.

Page3

William het dit verskriklik geniet om al sy nuwe taktieke te probeer teen die oposisie en het nog taamlik onbeseerd uit die ding gekom ook, behalwe vir n balletjie teen sy hand so op die laaste.

Dankie vir die storie en foto's Leane, ek waardeer. Wie gaan verslag uit Onrus lewer gedurende Junie/Julie?